Dewald Wasserfall veroorsaak ‘Elektrisiteit’ op Afrikaanse Top-20

Dewald Wasserfall se splinternuwe enkelsnit, “Elektrisiteit”, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 op nommer 17. Dié lied is ook op sy jongste album wat einde Mei uitgereik word.

Jo Black se jongste enkelsnit, “Bitter”, betree hierdie week die Top-20 op nommer 15. Die musiekvideo van die liedjie word op Vrydag 3 Mei bekendgestel.

Elandré neem weer die no. 1-posisie in met “Vuur op die water”.

In vandeesweek se Afrikaanse Top-20 is daar twee nuwe liedjies wat die treffersparade betree, agt snitte wat styg, agt wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Elandré – “Vuur op die water”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Jo Black – “Voel jy die genade”
  4. Christia Visser – “17 Shots”
  5. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  6. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  7. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  8. Ivan Roux – “Daai ding”
  9. Refentse – “Liefdegenerasie”
  10. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  11. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  12. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  13. Corlea – “Onbreekbaar”
  14. Juan Boucher – “Want jy weet”
  15. Jo Black – “Bitter”
  16. Spoegwolf – “Storm”
  17. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  18. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  19. Robbie Wessels – “Patrick Lambie”
  20. Refentse – “Baie gevaarlik”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.