Marulaboom
Ná sy landwye beweging met sy aansteeeklike liedjie Doen die sexy hoender van sy album Afrikaans vir altyd, skud Marulaboom sy blare af met die belofte van nóg ‘n eiesoorige, opwindende album – Di JAM – die enigste dansalbum wat jy vanjaar moet gaan gryp! Met sy vermenging van die bekende en die gewilde, met oorspronklike vernuwing, bederf Marulaboom sy aanhangers dié keer met eksperimentele, elektroniese klubklanke – Elektrodanz, soos jy Afrikaanse musiek, met Engels bygeklits, nog nooit gehoor het nie!
Op vernuftige wyse vermeng hy reuse-treffers soos Voshaarnooi, Liefling, Reik na die sterre en Boesmanland, Wie maak vir Gansbaai lekker?, Tant Koek se hoenderhaan, Oudtshoorn is ‘n grootvoëlparadys, Ver ini ou Kalahari, Klein bietjiewyn en ander stuitighede in byderwetse treffertegnieke. Tussen die ander lekkertes hierop is daar nog Shooting star, Prinses, Dis volmaan baby, En toe word ek awesum en die duette Di Jam (met Charl Smit) en I wanna be a cowboy (met Chrizaan). Sexy, manne, sexy! In Engels word daar lekker ge”JaM” op onder meer Whisper your secret met nasionale klubradioreg.
Staan opsy, want hier is ‘n bóóm met ‘n crazy wortel wat die dansvloere gaan verrinneweer! Jy sal maar jou passies moet ken as jy nie bene en ander goete wil knoop op die maat van sy malmeester-moves nie! Jip, dis kuiertyd; vergeet van die gym! Marulaboom is gereed om sy energievars-vertoning te elektrifiseer… op pad na jou toe… Marulaboom en DJ van Niekerk se oorspronklike nuutskeppinge in dié splinternuwe genre is puik!
Wees gewaarsku: Jy gaan Di Jam-ding moet doen… Gryp ‘n tak! Die ding ruk mal!
Speellys
- Di Jam
- Liefling jy is legend
- As jy naby my asemhaal
- Shooting star
- Prinses
- Whisper your secret
- Ek’s weer terug
- Dis volmaan baby…
- I wanna be a cowboy
- Ek toe word ek awesum
- Di dinge ruk mal
- Doen die sexy hoender
- Ver ini ou Kalahari
- Nog ‘n biki wyn
- Boesmanland