Dié album binne 4 dae topverkoper vir 2017

Taylor Swift. Foto: Richard Shotwell/Invision/AP, File

Taylor Swift se musiekvideo vir “Look What You Made Me Do” het vroeër dié jaar die rekord opgestel vir meeste kyke in die eerste 24 uur van vrystelling, en nou het die bekendstelling van haar nuutste album óók rekords laat spat.

Swift se jongste album, Reputation, het 1,22 miljoen kopieë verkoop in die eerste week wat die album bekend gestel is.

Nielsen Music en Billboard het gesê drie van Swift se vorige albums het ook binne ʼn week van bekendstelling meer as ʼn miljoen kopieë verkoop.

Swift het in 2014 geskiedenis gemaak nadat Speak Now in 2010, Red in 2012 en 1989 in 2014 almal meer as ʼn miljoen kopieë in die eerste week ná bekendstelling verkoop het.

Taylor Swift se nuwe album, “Reputation”.

Swift het dit nou weer vir ʼn vierde keer gedoen. Reputation is op 10 November vrygestel, en het al meer tradisionele albums verkoop as enige ander vrystelling hierdie jaar.

Tradisionele albums verwys na die verkope van die fisiese album, omdat Swift se album nie aanlyn, soos op byvoorbeeld iTunes, beskikbaar is nie.

Voor Swift dié rekord gebreek het, was Ed Sheeran se album Divide die topverkoper vir 2017, met 919 000 tradisionele albums wat reeds verkoop is, gevolg deur Kendrick Lamar se album Damn, met 842 000 verkope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tess ·

Well done!!!!!! Taylor se besigheids brein is baie beslis goed ontwikkel. Talent het sy beslis

Gerhardt O ·

Dis meer ‘n kwessie van pappa help sy kind en ek praat nie van vlees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.