Die Blou Hond-restaurantteater: ’n Uitstekende aand met atmosfeer

Jak de Priester. (Foto: Verskaf)

Die Blou Hond-restaurantteater is ná ʼn lang afsonderingstyd terug met musikale gunstelinge en bied in die volgende twee maande ʼn reeks wonderlike vertonings vir die publiek.

Gaste kan uitsien na ʼn heerlike driegangmaaltyd wat bedien word met koffie, tee of jou gunstelingdrankie om die samesyn te vier. Alles word gedoen met die nodige Covid-19-maatreëls wat gehandhaaf word.

Vrydag, 13 November 2020

Jak de Priester se jaarlikse Kersfees vir Blikkiesdorp-vertoning is nou al bykans ʼn instelling in eie reg. Met Kersfees in Blikkiesdorp wil De Priester teruggee aan ʼn gemeenskap wat besonders swaar trek. Bring ʼn geskenkie vir ʼn seun of meisie, ma of pa van Blikkiesdorp in die Wesrand saam.

ʼn Kreatiewe liedjieskrywer soos De Priester het die lang afsonderingstydperk gebruik as ʼn tyd van nadenke en om nuwe energie vir die verhoog op te wek. Kom luister in hierdie vertoning na sy ervaring, sy stories, sy nuwe liedjies as ook ʼn hele paar ou bekende treffers.

Woensdag, 18 November 2020

Corlea Botha. (Foto: Verskaf)

Corlea is nie net een van die grootste stemme in ons land nie, maar ook een van die veelsydigste. Ná maande weg van die verhoog, keer sy terug met iets besonders, ʼn vertoning getiteld Corlea – Op Aanvraag waar sy al die gehoor se gunstelinge op aanvraag sing.

Saam met al haar treffers soos “Sonvanger”, “Swart koffie” en “Breek my hart”, kies die gehoor die program met spesiale versoeke, en kan selfs persoonlike boodskappe gee.

Sondag, 29 November 2020 – middagete-vertoning

Karlien van Jaarsveld. (Foto: Verskaf)

Karlien van Jaarsveld kom ná lang afwesigheid weer by Die Blou Hond kuier. Sy gaan dié Sondag van haar ou treffers deel, maar beslis ook nuwe musiek saam met haar fenomenale pianis, Annie Curtain. Hierdie vertoning is sommer ’n heerlike uitstappie vir die hele gesin.

Vrydag, 4 Desember 2020

Die Bottomless Coffee Band. (Foto: Verskaf)

Bottomless Coffee Band is twee musikante, met 12 instrumente, wat as folk-rock-duo Suid-Afrika aan die gons het. Met oorspronklike werke in Afrikaans en Engels asook ’n paar ou gunstelinge van Bob Dylan en Johnny Cash, neem hulle gehore op ’n energiebelaaide, onvergeetlike musiekreis. Hulle musiek is inspirerend en opbouend.

22 – 23 Desember 2020

(Grafika: Verskaf)

Die Blou Hond by Casa Toscana bied ‘n asemrowende Somerkersfees-konsert aan wat hierdie feestyd net ʼn ekstra tikkie meer spesiaal sal maak. Die konsert word saamgestel deur Barry Pretorius, die man agter die gewilde Afrikaans Is Groot-konserte. Die gehoor kan uitsien na musiek van Ruhan du Toit, Monique Steyn, Dewald Wasserfall, Ivan Roux, Corlea Botha, Wilha Carstens en Bibi du Preez. Moenie hierdie misloop nie.

****

Vertonings se kaartjiepryse sluit die driegangmaaltyd, koffie en tee in, of jy kan ook net vir die vertoning bespreek.

Vir meer inligting besoek Casa Toscana Lodge aanlyn of skakel 012 348 8820 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir besprekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.