Die Campbells kry goud met Bapsfontein-DVD

Die Campbells se Bapsfontein Live-DVD het goue status bereik. Foto: Verskaf

Die Campbells se Bapsfontein Live-DVD het goue status bereik. Foto: Verskaf

Die Afrikaanse duetbroers van Die Campbells, Harry en Tony Campbell, se DVD Bapsfontein Live het pas goue status bereik. Dié eer word toegeken aan sangers wanneer hulle meer as 10 000 eenhede van ʼn album of DVD verkoop.

Die groep het sedert sy debuut in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf meer as 800 000 CD’s en DVD’s verkoop.

Die Bapsfontein Live DVD is verfilm in die historiese Bapsfontein Hotel. Die plek was die grootste trekpleister vir gewilde kunstenaars tussen die 1950’s en 1990’s. Hoewel die hotel verkoop is, het die Campbells die geleentheid gekry om ʼn laaste keer by die oorspronklike hotel op te tree voordat dit van eienaars verander.

“Ons het gevoel dit sal gepas wees om ons DVD hier te verfilm om hulde te bring aan hierdie plek wat so ’n belangrike rol in Afrikaanse en country-musiek gespeel het,” sê Tony Campbell. “Tydens die opname het dit gevoel asof ons in die voetspore van ikone loop en terselfdertyd nuwe herinneringe vir musiekliefhebbers skep. Ons is baie opgewonde dat die DVD so goed vaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Niks TEEN die Campbells nie, of enige ander Suid Afrikaanse Kunstenaar nie, MAAR….is dit nie verspot maklik om 10 000 eenhede te verkoop in ‘n populasie van 50 miljoen nie? Of selfs 10 000 eenhede in ‘n populasie van 5 miljoen blankes nie? 10 000 eenhede beteken 0,2% van die blankes moet elkeen ‘n CD koop….of anders gestel 1 uit elke 500 blankes? As jy die hele populasie in ag neem, is dit regtig nie ‘n “prestasie” nie, is dit? Ek sal die dag “Afrikaanse” musiek koop as ek by n winkel inloop en daar is ‘n CD wat sê “Neil Diamond sings Steve Hofmyer”…..dan weet jy jy is goed. Voor dan? Hou verby…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.