Wen: Die eerste kletsfees in Afrikaans!

Wat kry jy as jy Snotkop, Early B, Biggy en Jan Bloukaas die héél eerste keer op een verhoog saamgooi? KletsFest!

Om vinnig te praat is een ding, maar om vinnig te kletsrym, noot te hou én sin te maak, verg besonderse talent. Dit is presies wat dié vier manne gaan doen.

Luister saam na die vier kunstenaars se bekendste liedjies, van Early B se “Potte”, Biggy se “Dames”, Snotkop se “Cool soos Koos Kombuis” en Jan Bloukaas se “Desember”.

KletsFest is vir almal wat jonk voel, al is jy oor 50. Kom geniet ’n aand van kletsrym in die buitelug met ’n biertuin om jou keel nat te hou. Dit sal sowaar voel asof jy reeds met vakansie is!

Daar is ook veilige parkering en goeie sekuriteit beskikbaar sodat konsertgangers ’n sorgelose aand kan geniet. Maak jou reg vir ’n kletsfees en kom rap saam in Afrikaans!

Die eerste KletsFest vind Donderdag 5 Desember by Loftuspark plaas. Kaartjies is reeds beskikbaar by iTickets.

Wen

Vyf Maroela-media lesers kan elk ʼn dubbelkaartjies na vanjaar se KletsFest toe wen. Die fees vind op 5 Desember 2019 om 17:00 by Loftuspark in Pretoria plaas.

Vul die onderstaande vorm in om in te skryf. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Kompetisie sluit 29 November 2019 om 12:00.

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.