‘Die Gelofte’ tree toe tot die Top-20

Die sanger Adam Tas. (Foto: Reint Dykema/Maroela Media)

Die sanger Adam Tas. (Foto: Reint Dykema/Maroela Media)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal en twee wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree.

“Die Gelofte” maak die week sy toetrede tot die Top-20. Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en “Die Gelofte” vir die eerste keer in Afrikaans getoonset. Die lied word gesing deur Chris Chameleon, Adam Tas, Appel, Ghapi en Juan Boucher. Die musiekvideo vir die lied word deur Forum Films vervaardig en sal eersdaags bekendgestel word.

“Die Gelofte” is die eed wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 onder Sarel Cilliers voor die Slag van Bloedrivier afgelê het.

Refentse is terug met ʼn splinternuwe enkelsnit en album wat pas bekendgestel is. Sy splinternuwe enkelsnit “Reisiger” is uit sy eie pen en is binne ʼn week van bekendstelling reeds die liedjie wat die meeste op digitale platforms afgelaai is.

Die Afrikaanse kletsrymer Early B vaar ook baie goed met digitale aflaaisyfers en betree dié week se Top-20 op nr. 20. Tarryn Lamb bly vir eers op die nr. 1-posisie met “Mal oor jou”.

  1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  2. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  3. Snotkop – “Souserig”
  4. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  5. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  6. Neil Somers – “Bloedgrond”
  7. Jo Black  – “Een klein klippie”
  8. Jan Blohm – “Word wakker”
  9. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  10. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  11. Elandré – “Honderd duisend maal”
  12. Refentse – “Reisiger”
  13. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  14. Appel – “Boer loop deur my are”
  15. Douvoordag – “Manifes”
  16. Martin Bester – “Vir die liefde”
  17. Len Muller – “Sterrewals”
  18. Angel de Lange – “Juwele”
  19. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  20. Early B – “Ben Ten”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sasha ·

Min mense besef en weet eintlik waaroor die gelofte eintlik gaan ons voor vaders het ons mislei die God waarvoor hulle die gelofte gemaak het is nie ons Almagtige nie hulle was VryMesselaars.

Conrad ·

Vertel asseblief meer hiervan Sasha? Van God. Van ‘n ander ware God. Van Vrymesselaars? Waaroor gaan die gelofte?

Klink of jy baie van die onderwerpe weet.

Dankie!

Sasha ·

Geestelike Erfenis van die Afrikaner In Suid Afrika( Die Misleiding van n Volk deur hul Vrymesselaars)

Ignited in Christ Ministry
Die Informasie is gekry deur Studies jy kan self dit ook gaan studeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.