Die groot verlange – die verhaal van Eugène Marais

Die ses CD’s in hierdie stel bevat ‘n aangrypende voorlesing deur Lochner de Kock van Die Groot Verlange (verkorte weergawe), die verhaal van Eugène Marais, deur Leon Rousseau.

Bestel die CD’s by Leida Media (Adele, 012 361 9549) en die onverkorte boek by Protea (Christa, 012 362 3444). Die boek het ongeëwenaarde lof van resensente gekry. Dit was in 1974 BY se boek van die jaar, gevolg deur die CNA-prys in 1975.

André P Brink het dit “’n mylpaal in ons literatuur” genoem. Chris Barnard sê dis “’n monumentale en unieke boek”.

Sedert Die Groot Verlange in 1974 verskyn het, is minstens ‘n halfdosyn toneelstukke en films daarop gebaseer of daardeur geïnspireer. Die gewildste van hulle was tot dusver Die Wonderwerker, waarin Dawid Minnaar die rol van Marais vertolk en Anneke Weidemann dié van Jane Brayshaw.

Die omslag van hierdie DVD-boks is gebaseer op ’n foto van Marais se vrou, Lettie, wat waarskynlik in 1893 geneem is.

Prys: R220-00* (posgeld uitgesluit)
* Prys onderhewig aan verandering

Bestellings: Adele by eBooks, 012 361 9549 of
eBooks
Lynnridge Mall
Winkel 18/19
h.v. Lynnwoodweg & Jacobsonstraat
Lynnwood Ridge
Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.