Die Heuwels Fantasties se Wens jy was hier

Die Heuwels Fantasties se "Wens jy was hier"

Die Heuwels Fantasties se “Wens jy was hier”

Die amptelike musiekvideo van Hou aan volg onderaan die berig. Suid-Afrika se voorste alternatiewe popgroep, Die Heuwels Fantasties, is terug met nuwe klanke.

Ek wens jy was hier is ‘n deluxe aanbieding wat bestaan uit ‘n kortspeler met vyf splinternuwe liedjies, die Alles wat Mal is-album en die Live op Paul Cluver-DVD. Die album het weggespring op iTunes se Nommer 1 posisie op die dag van Wens jy was hier se vrystelling op 3 Desember.

Die liedjies op die Ek wens jy was hier-kortspeler is geïnspireer deur Die Heuwels Fantasties se groot liefde vir Vleesbaai. “Daar is vir die see gekyk, liedjies gespeel tot hulle lekker gevoel het en daarna is hulle dadelik opgeneem. Dis hoe al vyf die nuwe snitte op die album gebeur het,” sê Pierre Greeff, voorsanger van Die Heuwels Fantasties.

Die kortspeler sluit ‘n samewerking met Laudo Liebenberg van aKING in, genaamd Welkom. Daar is ook twee bonus-liedjies waarvan een, Afrikaan, ‘n samewerking met Mandoza is.
Wens jy was hier-snitlys:
Hou Aan
Welkom ft Laudo Liebenberg
Wie is in beheer?
Ek belowe
Somer in my kop

Bonussnitte:
Toks en Tjops saam met Bok van Blerk & Robbie Wessels
Afrikaan saam met Mandoza

Die Heuwels Fantasties het onlangs ‘n selfoon-app uitgebring. Die app gee toegang tot al die groep se toerdatums, musiek, hul biografie, foto’s en nog vele meer. Hierdie app is tans beskikbaar vir iPhone- en Android-slimfone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.