Die Heuwels op die kruin van Top-20

Die Heuwels Fantasties. (Foto: André Badenhorst)

Die Heuwels Fantasties en die sanger Ampie se enkelsnit “Ons moet leef” neem vandeesweek die gesogte no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in.

Ampie is bekend vir snitte soos “Niks en niemand” en “Plain Jane”. Hy en Hunter Kennedy, sanger en kitaarspeler vir Die Heuwels Fantasties, is ou vriende en het die liedjie saam geskryf een warm dag langs ʼn hotelswembad in Pretoria.

“Na ʼn paar biere en ʼn paar flou grappies het ek my kitaar opgetel en saam met Pierre, Hunter en Ampie begin sing en skryf. Dit is ʼn liedjie oor versoening, samesyn, vriendskap en om in die hier en nou te kan wees,” sê Fred den Hartog, ook lid van dié gewilde groep.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg en nege wat daal en vyf snitte wat onveranderd bly.

  1. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Karen Zoid ft Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  4. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  5. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  6. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  7. Appel – “Nonna”
  8. Loki Rothman – “Op my pad”
  9. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  10. Francois van Coke – “As ek kon”
  11. Karen Zoid & Early B – “Druk deur”
  12. Spoegwolf – “Heen en weer”
  13. Appel – “F250”
  14. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  15. Leah – “Girls night”
  16. Laudo – “Ek kan nie wag”
  17. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  18. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die ”
  19. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  20. Jay – “Ry hom soos ʼn rental”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae