Die Heuwels, Spoegwolf woeker op Top-20

Herman Kleinhans se jongste enkelsnit, “Haal ’n bietjie asem”, is pas bekendgestel. Die lied is ook die temalied van die gewilde kykNET-reeks, Alles Malan, wat einde November weer terug op die kassie sal wees.

Die tema van die liedjie is universeel, sê Kleinhans. “Die lewe is dikwels vol haakplekke en seer, maar dit raak makliker wanneer jy saam met jou mense staan. Die Malans van Alles Malan is ’n goeie voorbeeld hiervan. Solank daar eenheid is, kan niemand jou onderkry nie,” sê hy.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is ADAM se “Flippen skaars”, Jack and June se “Smoorverlief”, Klawer & 1925 Band se “Saggies”, Coffee Snobs se “My hart my huis” en Justin Vega saam met Early B se “Ses Jagers”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

‘n Skermgreep uit Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf se musiekvideo vir ‘Eggo’.

Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf se lied, “Eggo”, wat verlede week in die 17de plek op die Top-20 was, klim vandeesweek na die 9de plek.

Dié enkelsnit verskyn in Die Heuwels se jongste album, Volume, wat op 22 Oktober uitgereik is. Die musiekvideo vir die liedjie het reeds meer as 114 000 kykbeurte op YouTube.

Elvis Blue se “Goud in die vuur” klim ook vandeesweek enkele plekke na die 17de posisie.

Irene-Louise van Wyk behou steeds haar no. 1-posisie met “Tekkies brand”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 11 wat daal en drie wat onveranderd bly.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Bernice West — “Hemel op aarde”
  4. Appel – “Dina”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Reën – “Stof”
  7. Franja du Plessis – “Bring dit”
  8. Ricus Nel – “Ploeg jy?”
  9. Die Heuwels Fantasties met Spoegwolf – “Eggo”
  10. Brendan Peyper – “Die wolf”
  11. Tasché – “Baby, ek bly”
  12. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  13. Christia Visser – “Kaapse blou”
  14. Rooksein – “Damlelielief”
  15. Steve Hofmeyr met Touch of Class – “’n Pa se hart”
  16. Kurt Darren – “Blok party”
  17. Elvis Blue – “Goud in die vuur”
  18. Spoegwolf – “Silwer”
  19. Kurt Darren – “Opmaak liefde”
  20. Reën – “Vrystaat vlaktes”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.