Die koning van treffersparade

Foto: cdn.playbuzz.com

Foto: cdn.playbuzz.com

Soos dit kommersiële popmusiek betaam, word daar maandeliks treffers gebore wat vuurwarm geluister word en dan, na ʼn paar weke, stadig maar seker uitbrand. Daar is een liedjie wat dalk die uitsondering op die reël is: Ed Sheeran se “Thinking out loud” is die afgelope 52 weke op die Britse Top 40 treffersparade. Dit is die eerste keer in dié land se geskiedenis dat ʼn liedjie vir ʼn jaar op die Top 40 bly.

Die 24-jarige Sheeran is ʼn produk van Engeland en het reeds wêreldwyd opspraak veroorsaak met sy musiek. Die lys toekennings agter sy naam kan hierdie bekendheid bevestig. Nog treffers van Sheeran sluit in :”Photograph”, “One”, “Sing” en sy eerste liedjie wat uitgereik is – “The A Team”.

Luister na “Thinking out loud” en besluit self of hy sy plek op die Top 40 lys verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adel ·

Ek is absoluut mal oor sy musiek. My gunsteling liedjie is “All of the stars” wat een van die liedjies is van die fliek “The fault in our stars”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.