‘Die Kontrak’: Ivan ook op die AIG-verhoog

Ivan Roux. Foto: AIG

Ivan Roux, naaswenner van Die Kontrak, gaan ook deel wees van die Afrikaans is Groot-konsertreeks wat tans in Pretoria plaasvind.

Arnold Coleske, grootbaas van Coleske Kunstenaars, het Saterdagoggend dié aankondiging gemaak en gesê die publiek het gevra en hy het geluister.

Ivan het intussen Vrydagaand, nadat hy as naaswenner van Die Kontrak aangewys is, gesê hy is nou gereed om soveel as moontlik vertonings te doen, die Ghoema-toekennings in te ryg en volgende jaar by Afrikaans is Groot op te tree. Ivan het toe self nog nie geweet hy sal reeds vanjaar deel wees van dié konsertreeks nie.

Ivan in ‘n toneel uit sy nuwe musiekvideo.

Volgens Ivan is die grootste ding wat hy tydens die opneem van Die Kontrak geleer het om homself te wees en nie soos ander kunstenaars te probeer wees nie. “Jy moet dinge uitspreek oor jou lewe en dit glo. Jy moet altyd op die Here vertrou en dankie sê selfs al gaan dit sleg”.

Ivan meen die Here het ʼn pad met hom gestap waar hy eers ʼn paar keer sy kop moes stamp maar dat hy verlede jaar tot die besef gekom het dat die Here vir hom ʼn gawe gegee het en dat hy dit moet gebruik om mense se lewens aan te raak.

Ivan, ʼn getroude pa van twee, het gesê hy raak sommer tranerig as hy dink aan al die ondersteuning wat hy tydens en na afloop van Die Kontrak gekry het. “Ek het so lekker met mense gesels en mense het my leer ken soos ek is.” Ivan se mentor was Dewald Wasserfall.

Ivan is ‘n ambassadeur van Helpende Hand se #StopHonger-veldtog. Foto: Phillip Bruwer

Volgens Ivan het hy reeds talle vertonings vir Desember, insluitend vertonings saam met Bok van Blerk, Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf. Ivan sal ook ʼn Nuwejaarsvertoning by Semi Soet in Centurion doen.

Ivan se musiekvideo vir sy eerste enkelsnit, Daai Ding, is tydens verlede week se uitsending van Die Kontrak die eerste keer op televisie vertoon.

Ivan het hom intussen ook aangesluit by ʼn lys van bekendes wat deel is van Helpende Hand se #StopHonger-veldtog. Dié veldtog wil verseker dat minstens 8 000 behoeftige Afrikaanse kleuters elke dag van die jaar ’n gesonde bord kos kan kry.

Ander bekende sangers wat tot dusvêr hul stemme gevoeg het tot die #StopHonger-veldtog is Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, en Amira Willighagen van Holland. Hulle poog saam met die plaaslike talent van Monique Steyn, Touch of Class, Tarryn Lamb, Corlea, Dewald Wasserfall, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld en Riana Nel om honger onder kleuters stop te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennir ·

Pragtig ou maat,gebruik jou gawes!Doen waarmee jy goed is ,sing vriend sing!!

Anni ·

Geluk ou maat Al is J naas Wenger, J

Geluk ou maat, al is J naaswenner, J gaan nog ver kom. Ek was Mal oor j sang.

Annetjie ·

Altwee sangers was uitstekend! Dan ook Tatum en Deirdre – ek sien jul oor 2 of 3 jaar The Voice wen! Tatum se Die Brug asook Uninvited was meesterlik vir so n jong dame. My kleinseun, Brayden se woorde: Ouma sy is n “sweet sexy girl”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.