‘Die Kontrak’ se Demi Lee en Ivan betree die Top-20

Ivan Roux en Demi Lee Moore van 'Die Kontrak'. (Foto: Facebook)

Ivan Roux en Demi Lee Moore van ‘Die Kontrak’. (Foto: Facebook)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, tien wat daal en drie wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree.

Manie Jackson het onlangs sy jongste album, Op ’n hoë noot, bekendgestel. Die eerste enkelsnit vanaf dié album, “Donker hart”, betree vandeesweek se Top-20 op nommer 20.

Die wenner van VIA se werklikheidsprogram, Die Kontrak, betree ook die Top-20 op nommer 14. Demi Lee Moore, wat dié sangkompetisie gewen het waar ʼn R1 miljoen-platekontrak deur Coleske Artists op die spel was, se debuutalbum, Mis eet slaap herhaal, is tans onder die top-5 bes verkoopte albums in kettingwinkels die afgelope week.

Ivan Roux, naaswenner van dié kompetisie, betree ook die week se Top-20 op nommer 17, met sy enkelsnit “Daai ding”.

  1. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  2. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  3. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  4. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  6. Refentse – “Reisiger”
  7. Dirk van der Westhuizen  – “Sexy vi my”
  8. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  9. 4Werke – “Hart”
  10. Leah – “Ek mag jou mis”
  11. Corlea – “Breek my hart”
  12. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  13. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  14. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  15. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  16. Jo Black – “Een klein klippie”
  17. Ivan Roux – “Daai ding”
  18. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  19. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  20. Manie Jackson – “Donker hart”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.