Pretoria FM het pas die lys van sangers bekendgemaak wat by die radiostasie se splinternuwe musiektoekennings, wat vanjaar vir die eerste keer gehou gaan word, sal optree.
Die lys van kunstenaars sluit in Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Elandré, Dewald Wasserfall, Elvis Blue, Nádine, Snotkop, Ricus Nel en Corlea Botha.
Maroela Media het vroeër berig dat Pretoria FM besluit het om ʼn nuwe musiektoekenningsgeleentheid van stapel te stuur om erkenning te gee aan gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -produksies in die Afrikaanse vermaakbedryf.
Pretoria FM het vanjaar op 17 April, op dieselfde dag dat die kykNET Ghoemas plaasgevind het, aangekondig dat hy ʼn aparte musiektoekenningsgeleentheid gaan aanbied. Dít te midde van omstredenheid nadat die liedjie Die Land van die Ghoemas se benoemingslys verwyder is weens Steve Hofmeyr se betrokkenheid daarby.
Pretoria FM se nuwe toekenningsgeleentheid sal op 16 Oktober plaasvind. Volgens Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van Pretoria FM, gaan dit ʼn wêreldklasvertoning wees wat spog met die room van die land se Afrikaanse kunstenaars.
Pretoria FM het ook pas aangekondig dat hy die perfekte naam vir dié toekennings gevind het.
Volgens Koortzen moet só ʼn geleentheid spog met ʼn unieke naam wat in Afrikaans uitstaan, ʼn naam wat lof kan betuig, maar terselfdertyd kan verras en nét in Afrikaans bestaan.
“Dit is ʼn voorreg om amptelik aan te kondig dat ons só ʼn naam en woord gevind het. Dié musiektoekennings sal as die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings bekendstaan!” het hy gesê.
Die Aitsa-toekennings bevat 24 kategorieë waarvan twee nog nooit voorheen in Suid-Afrika bestaan het nie: Dit sal die eerste keer wees dat musiektoekennings aan ʼn Afrikaanse rolprent en ʼn Afrikaanse televisiereeks gegee word.
Die Aitsa-toekennings sal op 16 Oktober by die Moreleta-ouditorium in Pretoria plaasvind. Kaartjies is reeds beskikbaar by iTickets.
Ek moet eerlik wees ek luister nooit na julle stasie maar met dit wat julle nou doen is dit verseker ek gaan gereeld inskakel.
Aitsa, mooi so!
100% vir Steve!
Julle dink so !!!!! onse regering en die EFF gaan ‘n stokie voor alles steek, net omdat Steve betrokke is. Pretoria FM gaan toegemaak word en sal nie eers in Zimbabwe kan uitsaai nie.
Yeaaaaaaaa….. DIS wonderlike nuus…. BAIE DANKIE…. Geweet kykNet se Ghoemas gaan op hulle neuse kyk…
Radio Pretoria is die beste radio stasie, gee die regte nuus, omroepers is uit die boonste rakke, boekvoorlessing goeie boeke
nou dit fantasties,nou kan die regtige sangers wen
hou die kompetisie skoon, en moenie dat liberale sangers en aanbieders voet in die deur kry nie
‘n regte ” GOOD SHOW” vir pta fm, laat die AFRIKAANS lewe
Uiteindelik dankie pta fm jul laat reg geskied aan die sangers en sangeresse wat dit toekom hoera vir Steve