Dié kunstenaars te sien in ‘Afrikaans is groot’

Afrikaans is Groot (Foto: Facebook)

Afrikaans is vanjaar nóg groter as voorheen.

Só sê die organiseerders van dié gewilde musiekkonserte wat vanjaar op 24 en 25 November en 1 en 2 Desember in die Time Square Arena by Pretoria se splinternuwe Menlyn Maine-winkelsentrum aangebied word.

Die organiseerders het vroeër vandeesmaand in ʼn verklaring gesê dié konsert skuif vanjaar na Menlyn Maine omdat daar nou nagenoeg 1 300 kaartjies per konsert meer is.

“Hierdie reuse-arena sal voortaan die tuiste van ‘Afrikaans is groot’ wees,” het die organiseerders gesê. “Die grootste konsert in Suid-Afrika op die verhoog [is voortaan] in die grootste binnehuis-arena in die land.”

Kunstenaars wat vanjaar in dié konserte te sien gaan wees is Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Refentse, Theuns Jordaan, Laurika Rauch, Die Heuwels Fantasties, Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Jay, Riana Nel, Jannie Moolman, Elvis Blue, Snotkop, Corlea Botha, Touch of Class, Monique Steyn en Dewald Wasserfall.

“Afrikaans is groot” het egter Maandag aangekondig talle ander verrassings, wat later bekendgemaak sal word, wag op konsertgangers.

Kaartjieverkope open op 26 April om 10:00 by TicketPro. Vir meer inligting besoek “Afrikaans is groot” se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Mr P ·

Is daar nie ander afrikaanse kunstenaars wat ook n kans kan kry ni. Altyd dieselfde klomp wat deelneem. Afgesaag.

Reinhardt ·

Stem saam. Afrikaans is slegs groot indien jy na ‘n spesifieke genre luister. Geen ondersteuning word ooit verleen aan alternatiewe musiek nie.

Ek verstaan nou nog nie hoe “Afrikaans” n genre kan wees nie. Is Foto na Dans en FPK ook “Afrikaanse Musiek”? Of is dit nie die regte genre nie? Sing hulle maar net toevallig in Afrikaans?

Pietman ·

Reinhardt, jy is reg Afrikaanse musiek is nie ‘n genre nie. Net soos engelse musiek nie ‘n genre is nie. Net solank die musiek in suiwer Afrikaans is kan hulle maar enige-iets aanbied, van heavy metal ( harde staal “weet dis nie ‘n direkte vertaling nie maar ek hou daarvan”) tot boeremusiek. Maar ek hou van oorspronlike musiek. D.w.s nie vertalings van engelse liedjies nie. Musiek wat ons unieke kultuur en stories uitbeeld. Van die sangers probeer tog so hard om soos die Amerikaanse sterre te praat en te sing. As ek dit wou gehad het gaan luister ek na die ware Jacob. Anton Goosen, David Kramer, Laurika Rauch, Joshua Na die Reën, Bok ( sommige van sy liedjies) dra by tot Afrikaanse musiek. Die res is ‘n spul nabootsers wat tog so “cool” wil wees.

Reinhardt ·

Spoegwolf? Francois van Coke? Jack Parow? Bouwer Bosch? Almero? Faraway George? Len Muller? Joshua na die Reën?

Seker nie “Afrikaans” genoeg nie.

Steven ·

Die Coleske’s besluit wie word gekies; meestal sangers van hulle plate mpy.
AIG het erg goed weggespring maar reeds op dieselfde pad as Skouspel…GAAP!

Misha ·

Die kaartjies is nogal duur. Julle wat dit kan bekostig is gelukkig. Tel julle seëninge, hou op kla en gaan geniet dit.

Theresa B ·

Stem saam met jou Misha. Los die Coleske broers. Dit is elke jaar uitverkoop – so die sangers wat daar optree is 100% reg gekies en ASB LOS DIE KUNSTENAARS SE KLERE UIT! As enige iets pla – moenie gaan nie. Daar sal wel iemand wees wat jou stoel sal vol sit. Genade – almal sal nooit tevrede gestel word nie. So moenie so groot issue maak van niks nie. Daar is 1000de ander wat dit kan bekostig en wat wel wil gaan kyk.

charmaine ·

Ek hou van meeste vd kunstenaars, maar kan hulle net asb meer nuwe goed sing?
Mengelmoeskardoes,Bloubul, Witvlag, Soos bloed, Beuafort-wes,ens,ens. dis mooi maar hulle het ander pragtige liedjies wat baie mense seker nog nooit gehoor het nie. Hierdie is kunsternaars met miljoene cd verkope maar elke keer sing hulle goed wat ons in 2013,14,15 en toe die cd’s uitgekom het al gehoor het.

Amelda ·

Stem saam met jou. Ek Koop elke jaar die DVD soda sit uitkom. Maar hulle kan gerus nuwe liedjies sing

Pam ·

Miskien kan daar n Afrikaans is Groot 2 op die been gebring word om die opkomende Afrikaanse kunstenaars ook die geleentheid te gee. Ek sal hulle beslis ondersteun. Gun elke person n plekkie in die son.

Amanda ·

Die beste Afrikaanse sanger is Joshua na die reën. Eg Suid-Afrikaans. N talentvolle en nederige mens. Gaan kyk na sy opvoerings. Dit is die HEEL beste.

Oelie ·

Die kunstenaars is nie die probleem nie, maar wel die besprekings. Ons wou hierdie jaar vir die eerste keer gaan en n lekker naweek daarvan maak. Ons is so 400km van Pretoria. Na 3 ure se gesukkel het ons maar handdoek ingegooi. Die besprekings proses is pateties en duidelik nog 3de wêrelds. Mens verwag baie beter vir so ń groot geleentheid. Vir die gelukkiges wat gaan – geniet dit

Binx ·

Jy moet rerig weer probeer. Jy sal nie spyt wees om dit te gaan kyk nie. Dit is ook normaal vir die “site” om te sukkel met die hoeveelheid mense wat kaartjies daai dag geboek het. Dit is elke keer met enige vertoning a probleem die eerste dag.

GAAP ·

Ek het begin om kommentaar te lewer, en weet jul wat, dit is regtig nie die moeite werd om jul te lees nie. Begin iets jouself reel soos Skouspel of AIG en kom ons kyk hoe goed gaan jy vaar wat so baie te se het. Ek wet jou, jy sal handdoek ingooi voordat jy die eerste kontrak geskryf het…… Dus hou jou kritiek vir jouself as dit nie opbouend is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.