Die liefde los ‘n spoor

Jak de Priester

Jak de Priester gaan ongetwyfeld ‘n spoor los in die harte van alle Afrikaanse musiekliefhebbers met sy nuwe album, “Die liefde los ‘n spoor”.

Die titelsnit is beslis ‘n treffer wat Jak sal vestig as een van die top Afrikaanse kunstenaars. “Die liefde los ‘n spoor” is Jak se sesde oorspronklike album met 18 splinternuwe liedjies uit sy pen. Dit is reeds twee en ‘n half jaar sedert die vrystelling van sy treffer album “Groen Mamba” en aanhangers gaan ‘n fees van keuses op die nuwe album hê. Daar is baie verrassings op die nuwe cd soos onder andere ‘n duet met Dozi (Die Oom song), en ‘n asemrowende gestroopte toonsetting van die Antjie Krog gedig “Stasie”, plus nog 16 ander liedjies wat wissel van temas oor die liefde en die lewe.

Die liedjie “Roer jou voete” sal ‘n happy gevoel in die onderlyf gee, terwyl “Emigreer” en “Pretoria blues” weer die heimwee in die hart sal sit. “Êrens in die klein Karoo” is die hartstogtelike lied wat Jak de Priester vir sy 98-jarige buurvrou in Vishoek geskryf het. Die liedjie is alreeds sedert laasjaar in aanvraag, maar aanhangers gaan nou eers die geleentheid kry om dit huis toe te neem. “Die liefde los ‘n spoor”, “Nes die weduwee se kruik” en “News Café” is sterk liefdesballades en “God se kind” ‘n aangrypende dooplied vir sy seuntjie, Jamie.

En dan is daar ook altyd ‘n bietjie rebellie in die liedjie “Padwoede” en aanhangers sal defintief kan assosieer met dié emosie wat gepaard gaan met spitsverkeer en taxi’s. Die lied “Toerbus en ‘n Trailer” is ‘n aangrypende lied oor die lewe van ‘n kunstenaar op die pad. Die nuuste toevoeging op die album is “Gebed vir Mija” ,vir sy dogtertjie wat onlangs gebore is.

Hierdie is die eerste projek wat Jak de Priester onder die Coleske Artists vaandel doen en is opgewonde oor wat die toekoms mag inhou. (Coleske Artists)

Speellys

  1. Die liefde los ‘n spoor
  2. Êrens in die klein Karoo
  3. Roer jou voete
  4. Hippie haai (song vir Jamie)
  5. Pretoria Blues
  6. Nes die weduwee se kruik
  7. Padwoede
  8. News Cafe
  9. Die oom song (Duet met Dozi)
  10. Gebed vir Mija
  11. God se kind
  12. Pajamadril vastrap
  13. Intro
  14. Toerbus en ‘n trailer
  15. Stasie
  16. Totsiens Michael Jackson
  17. Emigreer
  18. Bloubul Kreet (Soos live gesing op 18 Sept 10,
    loftus Versveld Bulls vs Lions)

http://youtu.be/v3HMfR9zVSs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.