Riana Nel
Riana se langverwagte sekulêre album is uiteindelik hier! “Die Moeite Werd” is Riana se eerste sekulêre album en volg op die sukses van haar vorige 3 gospel albums. Die talentvolle liedjieskrywer en sangeres se eerste enkelsnit, met dieselfde titel as die album, het reeds nommer 1 op Jacaranda 94.2 FM se Top 20 gehaal en talle internasionale kunstenaars uitgestof vir die titel. Sy het in haar eerste week van bekendstelling die lys van Top20 beste verkopers (plaaslik en internasionaal) gehaal!
Riana het al die liedjies op haar album self neergepen en kry inspirasie van verskeie kunstenaars soos Sheryl Crow en natuurlik Taylor Swift. Afrikaanse musiek is op ‘n baie hoë standard en kan sonder twyfel met internasionale snitte kompeteer. Dit bewys Riana ook met haar tweede enkelsnit, Dans. Die musiekvideo is deur Paul Kruger van “Liefling”-faam geskiet en het reeds op die gewilde musiekprogram DKNT verskyn! Sy was ook ‘n gewilde gas op Kwela en sal binnekort haar verskyning op Jukebox maak. “Dans” speel reeds op die land se top radiostasies en is beslis op almal se lippe!
Dit is Riana se eerste sekulêre album, maar sy is beslis nie nuut op die musiektoneel nie. Sy het al deur Nashville en London getoer en is deur Angus Buchan uitgenooi om tydens sy landswye dienste voor meer as 200 000 mense op te tree. Selfs in Nashville is Riana se talent raakgesien waar sy ‘n platekontrak aangebied is, maar haar hart het terugverlang Suid-Afrika toe!
Haar passie vir musiekskryf is ook merkwaardig, waar sy liedjies vir Bobby van Jaarsveld, Lianie May, Jay en ook Juanita du Plessis skryf. (Coleske Artists)
Speellys
- My Hele Lyf
- Is daar net een? – met Bobby van Jaarsveld
- Dans
- Die Moeite Werd
- By My
- Maak oop jou oe
- Timbuktu
- Wat as
- Tyd om te Lewe
- Wys my jou Hart
- Long Way from Over
- Lord You Know
- Dans
- Give it to me Straight