Die nuwe Rockwood-teater vat jou terug in tyd

Foto: Verskaf

Die Barnyard-teater in Pretoria se naam het op 1 Junie amptelik verander na die Rockwood-teater.

Die Rockwood-teater se eerste produksie, A Beautiful Noise, het goeie resensies gekry en nou is hulle terug met nóg ʼn belowende produksie.

Knowing Me, Knowing You is hierdie tweede produksie wat deur die teater aangebied word. Die vertoning beloof om jou op ʼn musikale avontuur te vat saam met van die bekendste groepe in die geskiedenis van die musiekwêreld wat as paartjies musiek gemaak het.

Die musikante wat verteenwoordig word, is almal mense wat eerstens in ’n liefdesverhouding was, en dit toe gebruik het om ʼn suksesvolle musiekloopbaan te skep. Dit sluit onder meer in ABBA, Fleetwood Mac, Tina Turner, No Doubt, Mick Jagger, die Beatles, Whitney Houston, Carly Simon en Mango Groove.

Liedjies soos “Dancing Queen”, “I Got You Babe”, “Mamma Mia”, “Hellfire”, “Go Your Own Way”, “Valerie” en “Knowing Me, Knowing You” sal jou terugneem na ʼn tyd toe liedjies nog oor regte liefdesverhale geskryf is!

Die Rockwood-teater het pizzas, bordjies met eetgoed en ander ligte maaltye om die terug-in-tyd-ondervinding te vergesel.

Saam met die nuwe opknappings aan die teater is daar nou ook BBP-areas beskikbaar. Hierdie areas is verhewe en apart van die ander sitplekke. Die sitplekke in die BBP-area bestaan uit gemaklike banke, stoele en kussings. Die area bied ook privaat kelners.

Die Rockwood-teater word nou boonop op Vrydag- en Saterdagaande in ’n dansplek omskep. ’n Platejoggie sal begin speel direk ná die gewone vertoning – so daar is geen rede om gehaas te voel nie. Daar is tafels en banke beskikbaar om tot laat in die aand te sit en kuier en dans saam met vriende.

Die Knowing Me, Knowing You-vertoning is tot 1 Oktober by die Rockwood-teater te sien. Vir meer inligting oor enige vertoning of kaartjiepryse, besoek gerus www.rockwoodtheatre.co.za of skakel 012 368 1555.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.