Die vensters na my siel

Albert de Wet

En daar doen hy dit sowaar! Albert de Wet het pas ‘n rare driekuns behaal met die vrystelling van nóg ‘n trefferalbum, Die vensters na my siel.

Volgens hom, het hy aan die begin van sy loopbaan sowat 99% van die tyd éérs die musiek en dan die liriek geskryf. Op hierdie CD, Die vensters na my siel, was die proses egter andersom. Die resultaat is ‘n ongelooflike versameling liedjies wat eerder stories vertel, sonder om op sy geniale musikaliteit in te boet. Ontbloot van vae snitte met woorde wat lukraak ingevoeg is sodat dit die musiek kan komplimenteer, is die resultaat ‘n fenomenale voorbeeld van briljante musiek, EN wat vermag kan word as ‘n kunstenaar met fokus en insig ‘n projek aanpak.

Soos met sy vorige twee CD’s, is hierdie album ook deurspek met treffers wat radiostasies se speellyste sal oorheers.
Die album het 12 skitterende snitte, elkeen met genoeg rede om as die gunsteling uitgelig te word. Albert de Wet het aan die ganse musiekbedryf bewys dat hy die heel boonste sport van die leer kan bereik sonder om sy persoonlike en musikale integriteit in te boet. Sy waarde as sanger en liedjieskrywer is met hierdie album onteenseglik gesement en dis met groot eer en trots wat Sting Musiek hierdie fenomenale projek en kragtoer, Die vensters na my siel, in die mark vrystel. Albert de Wet is die naam op almal se lippe.

Speellys

  1. 7de Laan
  2. Die vensters na my siel
  3. Waar jy my terug kry
  4. 1924
  5. Highway to your heart
  6. Katrina van die Bo-Kaap
  7. Bekkersdal Marathon
  8. Skreeu
  9. Kruppelkop gewete
  10. Hervorming
  11. Facebook my
  12. Die steweltjies van Sannie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.