Dis hoe ons rol- Jay

Dis hoe ons rolSedert Jay die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand onder die naam Joe en Jaco gewen het, het hy diep spore in die musiekbedryf getrap.

Hy het intussen nie net bekendheid verwerf as lid van die sanggroep Eden nie, maar ook ‘n suksesvolle duetalbum saam met Lianie May opgeneem. Intussen het hy ook sukses as solokunstenaar behaal, en sy tweede solo-album, Dis hoe ons rol, is onlangs vrygestel.

Die titelsnit was een van die grootste Afrikaanse treffers tot dusver vanjaar; die musiekvideo is in die bekende Presley’s-klub in Pretoria verfilm. In Johan Oberholzer se komposisie Twee, sing hy van dinge wat bymekaar pas. Dit behoort ‘n treffer te wees. Sy het dit is op die versamelalbum Trots Afrikaans Vol. 7 ingesluit; daarom behoort dit ook ‘n treffer te wees. Christoph Kotze het Sal ons ooit weer kan slaap saam met Ewald Coleske gskryf; Steve Hofmeyr sing dit saam met hom. Dit behoort die  volgende treffersnit te wees. Hou vas is nog ‘n lekker snit wat radiolugtyd verdien. Ewald Coleske en Christoph Kotze het die volgende snit, Halwe beker, geskryf, en weer eens is dit ‘n moontlike treffer. Hulle was ook verantwoordelik vir Obessie, wat veral byval sal vind by die jarelange Eden-aanhangers.  Van Eden gepraat; hulle het weer bymekaargekom vir Superhero, wat oorspronklik vir die uiters suksesvolle versamelalbum Afrikaans is groot Vol. 5 opgeneem is.  Almal het sekerlik ‘n nuwe Eden-album verwag, maar dié snit is darem op hierdie album ingesluit. Hulle het met die Afrikaans is Groot-konserte sam gesing, en daarom is ‘n nuwe Eden-album dalk ‘n goeie idee.

Gee my is nog ‘n snit wat Ewald Coleske en Christoph Kotze saam geskryf het en ‘n treffer kan word. Die meeste snitte op die album was tot dusver redelik opgewek, maar op As ek val wys Jay dat hy ook ‘n rustiger liedjie kan sing. Waar is jy nou is ‘n pragtige snit wat heeltemal anders klink as die res van die album. Die laaste twee snitte is bekend; hy sing Bonnie en Clyde saam met Lianie May, en dit was ‘n baie groot treffer. Bulle bring die beker huis toe is geskryf vir die Blou Bulle-rugby-unie, wat vanjaar 75 jaar oud is. Dit was oorspronklik Bokke bring die beker huis toe, wat voor die 2011-Wêreldbekertoernooi vrygestel is.

Dis maklik om te verstaan hoekom hierdie album so gewild geword het; daar is nie een swak snit daarop nie, en ‘n paar daarvan het reeds treffers geword voordat die album uitgereik is. Daarom kan dit baie sterk aanbevel word, en behoort dit nog lank een van die gewildste Afrikaanse albums te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.