Dodo kraai steeds koning op Top-20

Dodo Nyoka, naaswenner van ‘Die Kontrak 2’. (Foto: Dodo Nyoka/Facebook)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses liedjies wat klim, vyf wat hul plekke verloor en nege wat onveranderd bly.

Barto se “Impulsief” bly vir eers in die tweede plek terwyl Snotkop se “Skrik vir niks”, wat verlede week die top-20 betree het, met een plek tot die 19de posisie klim.

Die Kontrak 2 se Dodo Nyoka kraai steeds koning met “Foto’s”.

  1. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  2. Barto – “Impulsief”
  3. Bernice West – “Lyfie”
  4. Barto – “H2Oë”
  5. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  6. Eloff – “ATKV”
  7. Prop – “Kwaaitjie”
  8. Eloff – “Witblits”
  9. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  10. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  11. Eloff – “Johnnie Blou”
  12. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  13. Riaan Benadé – “Spontaan”
  14. Riaan Benadé & Ricus Nel – “Haai haai”
  15. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  16. Brendan Peyper – “Insomnia”
  17. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  18. Fatman & Lianie May – “Ditjies en datjies”
  19. Snotkop – “Skrik vir niks”
  20. Juan Boucher – “Dogter”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Sarel Kleinhans.

Sarel Kleinhans, jonger broer van die gewilde musikant Herman Kleinhans, het pas sy debuutalbum getiteld Transkei uitgereik.

Dié digitale album bevat agt liedjies en die snitte vertel verskeie stories. Sarel sê sy vrou was vir agt maande in die VSA en met haar terugkeer na Suid-Afrika het hy besluit om haar op ʼn reis deur die Wes- en Oos-Kaap en veral Transkei te neem.

Die indruk wat die Transkei op hulle gemaak het, was so blywend dat hy sy album dieselfde naam gegee het.

Ander liedjies wat ook die afgelope week uitgereik is, is Bernice West en Johan Vorster se “Uit Bethlehem”, Petronel Baard se “Sterredak heelal”, Die Heuwels Fantasties en Appel se “Nora Vlok” en Stella en Louis Brittz se “Kersfees is Jesus”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Axel ·

Dodo Nyoka gaan dit nog ver bring. Hy is so plat op die aarde. Het vir my aan huis kom kuier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.