Die wenners van die 61ste jaarlikse Grammy-toekennings is Sondagaand (Maandag vroegoggend Suid-Afrikaanse tyd) aangekondig.
Die countrysanger Kacey Musgraves het skoonskip gemaak met vier toekennings, onder meer vir album van die jaar, country-album van die jaar en country-liedjie van die jaar.
Childish Gambino, oftewel die sanger en akteur Donald Glover, het ook skoonskip gemaak met opname van die jaar, liedjie van die jaar, beste kletsrym/sing-samewerking en beste musiekvideo gewen vir “This is America”.
Lady Gaga het nog ʼn paar Grammy-toekennings by haar versameling gevoeg. Sy het drie toekennings gewen vir onder meer beste popvertoning (solo) en beste pop-duo/groep-opname en beste liedjie vir visuele media vir haar en Bradley Cooper se liedjie “Shallow” uit die rolprent A Star is Born.
Die Soweto Gospel Choir het die toekenning gewen vir beste wêreldmusiek-album. Dit is hul derde Grammy.
Hier is van die aand se groot wenners:
Album van die jaar
Kacey Musgraves – Golden Hour
Opname van die jaar
Childish Gambino – “This is America”
Liedjie van die jaar
Childish Gambino – “This is America”
Beste nuwe kunstenaar
Dua Lipa
Beste wêreldmusiek-album
Soweto Gospel Choir – Freedom
Pop
Beste popvertoning (solo)
Lady Gaga – “Joanne (Where Do You Think You’re Goin’?)”
Beste pop-duo/groep-opname
Lady Gaga & Bradley Cooper – “Shallow”
Beste vokale pop-album
Ariana Grande – Sweetener
Beste tradisionele vokale pop-album
Willie Nelson – My Way
Country
Beste country-album
Kacey Musgraves – Golden Hour
Beste country-liedjie
Kacey Musgraves – “Space Cowboy”
Beste country-vertoning (solo)
Kacey Musgraves – “Butterflies”
Kletsrym
Beste kletsrym-vertoning
Kendrick Lamar, Jay Rock, Future, & James Blake – “King’s Dead”
Anderson Paak – “Bubblin”
Beste kletsrym/sing-samewerking
Childish Gambino – “This is America”
Beste kletsrym-liedjie
Drake – “God’s Plan”
Beste kletsrym-album
Cardi B – Invasion of Privacy
Rock
Beste rock-vertoning
Chris Cornell – “When Bad Does Good”
Beste “metal”-vertoning
High on Fire – “Electric Messiah”
Beste rock-liedjie
St. Vincent – “Masseduction”
Beste rock-album
Greta Van Fleet – From the Fires
Beste alternatiewemusiek-album
Beck – Colors
R&B
Beste R&B-vertoning
H.E.R. – “Best Part” [met Daniel Caesar]
Beste tradisionele R&B-vertoning
Leon Bridges – “Bet Ain’t Worth the Hand”
Beste R&B-liedjie
Ella Mai – “Boo’d Up”
Beste stedelik kontemporêre album
The Carters – Everything is Love
Beste R&B-album
H.E.R. – H.E.R.
Dans
Beste dansopname
Silk City & Dua Lipa – “Electricity” [met Diplo and Mark Ronson]
Beste dans/elektroniese album
Justice – Woman
Komedie
Beste komedie-album
Dave Chappelle – Equanimity & the Bird Revelation
“Remix”
Beste “remix”-opname
HAIM – “Walking Away” (Mura Masa remix)
Musiek vir visuele media
Beste saamgestelde klankbaan vir visuele media
The Greatest Showman
Beste klankbaan vir visuele media
Ludwig Göransson – Black Panther
Beste liedjie vir visuele media
Lady Gaga & Bradley Cooper – “Shallow”
Verpakking
Beste opname-verpakking
St. Vincent – “Masseduction”
Beste boksstel of beperkte opgawe-pakket
“Weird” Al Yankovic – Squeeze Box: The Complete Works of “Weird Al” Yankovic
Beste albumnotas
Various Artists – Voices of Mississippi: Artists and Musicians Documented by William Ferris (David Evans)
Vervaardiger
Vervaardiger van die jaar, nieklassiek
Pharrell Williams
Musiekvideo/film
Beste musiekvideo
Childish Gambino – “This is America”
Beste musiekfliek
Quincy
Klik hier vir die volledige lys wenners.