‘Droom word waar’ vir Snotkop

Snotkop (Foto: Maroela Media)

Die Afrikaanse sanger en kletsrymer Snotkop sê hy is “stomgeslaan” oor die nuus dat sy jongste album pas trippel-gouestatus behaal het.

Tania Fourie van Select Musiek, die sanger se platemaatskappy, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

45 000 eksemplare van Snotkop se album, wat HKGK (Hier kom groot konsternasie) heet, het van die rakke gevlieg sedert die album ʼn jaar gelede uitgereik is.

“Ek het vandag dié nuus ontvang wat my stomgeslaan het. Dis effe unreal. Ek wil hê elkeen wat ʼn album gaan koop het met hul sakgeld of hard verdiende rande en my shows en musiek ondersteun moet weet julle maak ʼn droom waar wat ʼn klein laaitie gedroom het op ʼn dag in sy kamer sonder die wete dat dit eendag sal waar word,” het die sanger op Facebook geskryf.

Hy sê dié mylpaal is ʼn bewys dat drome wel waar word. Die sanger het aanhangers aanbeveel om nooit op te hou droom nie. “As jy wil droom – droom groot en hou aan baklei vir dit, want anything can happen.

Die sanger het vroeër aan Maroela Media gesê dié album gaan sorg vir “groot konsternasie”. “As jy dié CD gaan speel, gaan jy definitief groot partytjie hou. Die lewe is heeltemal te kort om ernstig te wees. Jy moenie jouself te ernstig opneem nie. Ek is ʼn positiewe mens en kyk altyd na die goeie in die lewe. Die album is pret van begin tot einde.”

Snotkop was onlangs in die Afrikaans is Groot-konsertreeks in Pretoria te sien. Die sanger is ook in die Super Sokkie-konsert wat op 31 Desember by Carnival City plaasvind te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anita ·

Go Snotkop ek en my kleinkind luister dit elke dag. Go. Jy mag. Ons like jou

Snotkop fans... ·

Weldone…..

Baie geluk Snotkop. Ons nou wel nie sjows by Afrikaans is groot gesien nie maar wel die een jr by Montana traders en die jr Junie by Nelspruit se Innibos 2017 en jou show was awsome. Ek en .y dogterjie het kliphard saam gesing. My dogtertjie gunsteling snit op jou nuutste album is hoekal HKGK en shake it. Hou so aan met jou goeie afrikaanse musiek.

LouisA ·

My dogtertjie van 6 jaar oud is MAL oor snotkap en haar pa wil natuurlik n oorval kry hahaha..
Baie geluk!

sonja coetzee ·

WELL DONE SNOTKOP!!!!!!!!!!IS SO LEKKER OM AFRIKAANS TE WEES EN TE PRAAT!!!!!!!!EK’S MAL OOR SNOTKOP EN AFRIKAANS IS MY GUNSTELING MUSIEK!!!!!WEEREENS BAIE BAIE DANKIE GELUK SNOTKOP!!!!!ONS HOEF NIE “JONK “TE WEES OM SNOTKOP TE LUISTER NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.