Drome word waar vir Droomsindroom-broers Kirsten en Kyle Schlebush met hul nuwe lied “Hey Sonneblom”, wat dié week die topposisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 beklee.
Die lied het skaars twee weke gelede dié treffersparade betree en blitsig tot die nommer een‑posisie geklim.
In dié enkelsnit wil Kirsten en Kyle Schlebusch luisteraars van hul probleme laat vergeet. Maroela Media het vroeër berig dat Kirsten “Hey Sonneblom” geskryf het ná afloop van ʼn seevakansie en sy inspirasie was juis om daardie vars gevoel van vakansie en ontspanning met musiek vas te vang.
“Die doel om te skryf oor die sonneblom-mense in elkeen van ons se lewe was om ʼn parallel te trek met daardie gevoel van algehele geluk wat mens ervaar tydens ʼn seevakansie en die sonneblom-mense in ons lewe”, het hy gesê.
Daar is vandeesweek verder vyf snitte wat styg, tien wat daal en vyf wat onveranderd bly.
- Droomsindroom – “Hey Sonneblom”
- Riaan Benadé & Jay – “Rowwe Bliksem”
- Eloff – “Johnnie Blou”
- Irene-Louise van Wyk – “Tekkies Brand”
- Brendan Peyper – “Meisies Soos Jy”
- Riaan Benadé – “Spontaan”
- Appel – “Dina”
- Bernice West – “Jona”
- Snotkop – “Tsek!”
- Rooksein – “Genade Nader”
- Elandré – “Hand Aan Hand”
- Christia Visser – “Handgranaat”
- Dewald Wasserfall – “Bedoel”
- Jo Black – “Staan Vas”
- Lianie May – “Bietjie Benoni”
- Ivan Roux – “Opsoek na Liefde”
- Bernice West en Ilán van Staden – “Soen My Op My Mond”
- Spoegwolf – “Bring My Geweer”
- Franja du Plessis – “My Lief”
- Demi Lee Moore – “Wie Se Hart Breek Jy Vanaand”
* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.
Nuwe uitreikings
Die rockgroep Bloumoord is gereed om Afrikaanse musiek op sy kop draai. Hoewel die manne van Boksburg soos ’n klomp rowwe rockers lyk, is die boodskap wat hulle deur hulle musiek wil oordra egter ’n positiewe een, nes hul enkelsnit “Jy Moet Net Jouself Wees” verduidelik.
Die alternatiewe Afrikaanse groep MYMYMY se nuwe enkelsnit “Vonkel” borrel met oorspronklikheid. Conrad van Breda, medeskrywer en vervaardiger, sê dat die groep gou verveeld raak en daarom met elke snit iets innoverend probeer doen. “Vonkel” is die derde enkelsnit van die groep se komende album Treffers vir tannies.
Zander van Wyk het ʼn lied wat hy tydens die pandemie neergepen het, “Oorwin”, onlangs bekendgestel en Heuning se “Lief tot die dood” en Elsje se “21 Vir Altyd” is nou ook op stromingsdienste te hoor.
Is daar ‘n ander stromingsdiens wat ek kan gebruik om na alles te luister as spotify?