Dubbeldoor vir Bernice West op Top-20

Bernice West neem al vir etlike weke die voortou op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met haar debuutenkelsnit “Sonop-blom”, wat vandeesweek weer die eerste posisie beklee.

Hierdie week maak dié jong krulkopsangeres se jongste enkelsnit, “Die hart”, sy toetrede tot die top-20 in die no. 17-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg en nege wat daal, vier snitte wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat vandeesweek week die top-20 betree.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  4. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  5. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  7. Karen Zoid ft Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  8. Francois van Coke – “As ek kon”
  9. Elvis Blue – “Gee my net ʼn vriend”
  10. Loki Rothman – “Op my pad”
  11. Karen Zoid & Early B – “Druk deur”
  12. Appel – “F250”
  13. Spoegwolf – “Heen en weer”
  14. Laudo – “EK kan nie wag”
  15. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  16. Juan Boucher – “Ons word een”
  17. Bernice West – “Die hart”
  18. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  19. Leah – “Girls night”
  20. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.