Dubbeldoor vir Elandré, Refentse op Top-20

Elandré se jongste enkelsnit, “Dag en nag”, neem vandeesweek die top-posisie in, terwyl “Die woorde uit jou mond” op nr. 13 lê. Refentse, wat onlangs sy jongste album, Wandel in my woning, bekendgestel het, neem ook vandeesweek twee plekke in met “Daai deng” en “Stormnag”.

Verskeie Afrikaanse kunstenaars het saamgespan om die nuwe enkelsnit “Ons sal self” op te neem wat vandeesweek die nr. 9-posisie inneem. Die liedjie is geskryf deur Riaan Benadé, Marno van der Merwe en Arnold Coleske.

Die musiekvideo van “Ons sal self” is op 8 Oktober bekendgestel en staan reeds op bykans 360 000 kykbeurte. Kunstenaars soos Gerhard Steyn, Ruhan du Toit, Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr, Corlea, Lianie May, Monique Steyn, Dewald Wasserfall en Jay sing saam op die trefferlied.

  1. Elandré – “Dag en nag”
  2. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  3. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  6. Spoegwolf – “Swart vere”
  7. Margot – “Tydelike afleiding”
  8. Jo Black – “Spring”
  9. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  10. Appel – “Nonna”
  11. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  12. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  13. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  14. Refentse – ”Stormnag”
  15. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  16. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  17. Loufi – “Boude”
  18. Refentse – “Daai deng”
  19. Bernice West – “Die hart”
  20. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.