Dubbeldoor vir Riaan Benadé, Reën op Top-20

Richann en René van Reën. (Foto: Verskaf)

Rita Li het pas haar jongste enkelsnit, “Dink aan jou lyne”, vrygestel. Dié liedjie is deur Stella (Christelle Combrink) geskryf en deur Murray Lubbe vervaardig.

“Dink aan jou lyne” gaan oor herinneringe van ʼn vorige verhouding; oor plekke wat die paartjie besoek het en die fisieke aspekte van haar maat soos die lyne van sy lyf, sy lippe en hande. “Dit is ʼn sexy snit,” meen Rita Li.

Kabaal Klankbaan het ontstaan toe Floris Groenewald in 2010 gesukkel het om die regte persone te kry om sy musiekgroep te kan begin. Ses jaar later moes hy musiek reël vir ʼn partytjie en het toe sommer ʼn paar musikante genader.

“Die aand was ʼn sukses en van daar het die groep gestalte gekry,” vertel Groenewald. Die huidige lede van die groep is Groenewald, Hewie Becker (baskitaar) en Tebatso Rampedi (tromme).

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Reën se “Stof”, Louw van den Heever se “Wat het geword”, Gerduan Kemp se “Jou tipe jaloers”, Daniel Eeuwrick se “Elke huis het sy kruis” en Retief Burger se “Stuur my”.

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie Photography)

Reën, Richann Brüssow en René de Klerk, wat aanvanklik bekendheid verwerf het toe hulle in die laaste seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou liefde by mekaar gevind het, maak hierdie week hul toetrede tot die Top-20 op nommer 20.

Die groep is wel onlangs deur ʼn rowwe stukkie grondpad en het behoorlik stof opgeskop met die nuus dat hulle liefdespaadjies skei. Tog het hulle liefde vir musiek hulle toegelaat om steeds voort te gaan as die sangduo Reën.

Irene-Louise van Wyk skop ook behoortlik stof in die ander kunstenaars se oë deur op die nommer 1-posisie te bly.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 11 wat daal, twee wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  3. Riaan Benadé – “Vat ʼn bietjie”
  4. Appel – “Dina”
  5. Riaan Benadé – “Spontaan”
  6. Franja du Plessis – “Bring dit”
  7. Brendan Peyper – “Die wolf”
  8. Martin Bester – “Lilly”
  9. Bernice West – “Hemel op aarde”
  10. Tasché – “Baby, ek bly”
  11. Spoegwolf – “Silwer”
  12. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  13. Christia Visser – “Kaapse blou”
  14. Rooksein – “Damlelielief”
  15. Steve Hofmeyr & Touch of Class  – “ʼn Pa se hart”
  16. Appel – “Boerenooi”
  17. Kurt Darren – “Blok party”
  18. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  19. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  20. Reën – “Stof”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Ronel

Well done Riaan Benade,