Duo kraai koning by gesogte klassiekemusiekkompetisie

Dylan Tabisher en Cherilee Adams van US Percussion Duo

Die US Percussion Duo is Saterdagaand in Stellenbosch aangewys as die algehele wenner van ATKV-Muziq, ʼn gesogte nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie.

ATKV-Muziq, een van Suider-Afrika se grootste en mees toonaangewende klassiekemusiekkompetisies wat onder andere internasionale pianis, Ben Schoeman as algehele wenner opgelewer het, is die ATKV se jaarlikse bydrae tot instrumentale klassiekemusiek in Suid-Afrika. Dit is ‘n nasionale klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici in die ouderdomsgroep 15-27 jaar. ‘n Totale prysgeld van R106 000 is uitgeloof.

Cherilee Adams(23) en Dylan Tabisher(23) het met perkussie in 2002 onder leiding van Suzette Brits aan die Hugo Lambrechts Musieksentrum begin. Tans is beide Meestersgraad (Uitvoerend)-studente aan die Universiteit Stellenbosch met Suzette Brits steeds as hulle leermeester.

Jong volwasse musici vanoor die hele Suider-Afrika is in Mei vanjaar genooi om tydens die eerste ronde teen mekaar mee te ding in verskeie kategorieë, naamlik  orrel, klavier, strykinstrumente, blaasinstrumente (hout en koperblaas), kamermusiek-ensembles en ander instrumente.

Uit hierdie groep deelnemers is daar 37 musici gekies waarvan 35 jong volwasse musici aan die tweede en derde rondes in Stellenbosch die afgelope paar dae deelgeneem het. Ongelukkig moes 2 kandidate weens persoonlike redes onttrek.

Die kategoriewenners wat aan die einde van die tweede ronde aangewys is, was:

Klavier:   Richard Rheeder
Orrel:  Hentus van Rooyen
Strykers:  Anna van der Merwe (viool)
Koperblasers:  Ryan Kierman (tromboon)
Houtblasers:  Louisa Theart (fluit)
Ander instrumente:   Cherilee Adams (perkussie)
Kamermusiek-ensembles:  US Percussion Duo

‘n Bonusprys van is toegeken vir die beste vertolking van ‘n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde van hierdie kompetisie. Vanjaar is hierdie prys toegeken aan Cherilee Adams vir haar vertolking van Inyanga van Peter Klatzow.

‘n Bonusprys is ook toegeken vir die beste interpretasie van ‘n Barok- of ‘n Klassieke werk tydens die derde ronde.  Orrelis, Hentus van Rooyen ontvang hierdie prys sy vertolking van J.S. Bach se Trio Sonate in G Majeur, I-Vivace.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.