Een uit 100 000 vir kankerpasiënte

Die liedjie en musiekvideo "Een uit 'n 100 000" wil bewusmaking oor The Sunflower Fund en hul werk bevorder. Foto: Verskaf

Die liedjie en musiekvideo “Een uit ‘n 100 000” wil bewusmaking oor The Sunflower Fund en hul werk bevorder. Foto: Verskaf

Die liedjieskrywer en sanger, Ruan Wepener, het saam met die fotograaf Deon van Wyk, die musiekvervaardiger Marius Brouwer en die Burley Boys, ʼn liedjie genaamd “Een uit ‘n 100 000” bekendgestel om bewustheid vir die nie-regeringsorganisasie, The Sunflower Fund, te bevorder.

The Sunflower Fund lig mense in oor leukemie en lewensgevaarlike bloedsiektes en om uiteindelik diverse en lewensvatbare skenkers van beenmurg-stamselle te werf.

Die naam van die liedjie “Een uit ‘n 100 000” dui op ʼn pasiënt se kanse om ʼn beenmurg-stamseloorplanting te ontvang. Die liedjie se doelwit is om groter bewusmaking te skep oor die behoefte van duisende siek pasiënte en mense te oortuig om bydie Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) aan te sluit.

Die titel van die liedjie probeer aan pasiënte hoop gee en vertel ook die storie van drie vriende, ná een gediagnoseer is met leukemie en die impak wat dit op hul lewens gehad het.

Candice Weber, ʼn dramastudent van die Universiteit van Pretoria en die opkomende aktrises, Euwelia Louw en Bianca Bester, is te sien in die musiekvideo.

Die bekendstelling van die liedjie en musiekvideo skep die ideale geleentheid om aan te sluit by die SABMR en kankerpasiënte te ondersteun. Die musiekvideo gaan bekendgestel word by die Bronberg Landgoed op die hoek van Graham (verlenging van Lynnwoodweg) en Boschkop, Zwavelpoort, in Pretoria-Oos op 12 November 2015. Lede van die publiek is welkom.

Om ʼn skenker te word of vir meer inligting van The Sunflower Fund besoek hul webtuiste by www.sunflowerfund.org.za of bel 0800 12 10 82.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lindi ·

Ek so maand terug geregistreer by die Sunflower Fund na ek ‘n berig op hierdie platform gelees het van die ou seuntjie in Pretoria wie se laaste hoop ‘n beenmurg-stamsel skenker is! Wie weet net dalk eendag kan ek iemand weer hoop gee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.