Ek is daar vir jou

Nicholis Louw

Nicholis Louw is terug met sy splinternuwe album Ek is daar vir jou. Dié album van 15 snitte bevat 10 tien oorspronklike nuutskeppinge waaronder Nicholis se  kenmerkende ballades en dansnommers. Hy blaas opnuut spontane onskuld en sorgelose geesdrif in die TV-trefferliedjie Gummi bears. Nicholis lewer ook ‘n rock-operavertolking  van Andrew Lloyd Webber se Phantom of the Opera (‘n kragduet met sy vokale mentor, die sopraan Mauri Mostert). Ná albumverkope van oor die 700 000 spog Nicholis  tereg met ‘n dosyn toekennings. (Select Musiek)

 

Speellys

  1. Hey jy
  2. Tot my laaste uur
  3. Ek is daar vir jou
  4. Net ‘n mens
  5. Boeregirls vry lekker
  6. Bang bang
  7. Al hoe meer
  8. Soos dinamiet
  9. As jy niks aan het nie
  10. Spending time
  11. Gummi bears
  12. Fields of gold
  13. Via Dolorosa
  14. Adrenalien
  15. Phantom of the Opera

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.