Ek laaik van jol

Snotkop

Snotkop se nuwe album Laaik van jol bevat 15 Afrikaanse nuutskeppinge uit sy eie pen. Francois Henning, oftewel Snotkop, stel op die nuwe album se kletsrymvernuf ten  toon met onder meer die titelsnit Ek laaik van jol en Tyd om te rock. Die album bevat ook die meevoerende snit Song vir my dad, wat Snotkop na sy pa se dood geskryf en opgeneem het. Mense wat dalk in die verlede wou wegskram van Snotkop se totale aanslag, kan egter veilig voel: daar’s g’n gevaar van ‘n vloekwoordjie hier en daar nie! Maar hy is steeds Snotkop en die ritme bruis en die adrenalien pomp. (Select Musiek)

Speellys

  1. Ek laaik van jol
  2. Tyd om te rock (Boooom!)
  3. Party heelnag
  4. Tyd van my lewe
  5. Dis ‘n land
  6. Lipgloss lippe
  7. Asemrowend
  8. Miljoenêr
  9. Song vir my Dad
  10. Dangerous
  11. Bietjie van jou liefde
  12. Boeremeisie
  13. Wat het ons gistraand gedoen?
  14. Sexy
  15. Sit jou vuis in die lug

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.