Eksklusiewe bykomende konsert vir Country is Groot

Die organiseerders van Country is Groot het aangekondig dat ’n bykomende konsert van dié gewilde country-skouspel volgende week in Pretoria gehou gaan word.

“Aangesien al die kaartjies vir Country is Groot, wat op 26 April by die Sun Arena in Pretoria gehou word, reeds uitverkoop is, het Coleske Artists ’n eens-in-’n-leeftyd-geleentheid geskep deur ’n bykomende konsert te reël,” het Johan C. Venter, bemarkingshoof van Coleske Artists, gesê.

“Die publiek en korporatiewe maatskappye kan nou op ’n unieke manier Country is Groot ervaar waar die gehoor deel is van ’n eksklusiewe private funksie.”

Venter verduidelik dié spesiale konsert vind op 24 April by die Sun Arena plaas en gaste sal om ’n tafel van tien die konsert, asook ’n driegangmaaltyd met gesogte wyne, geniet.

“Elke gas sal ook ’n geskenkpakkie met CD’s en DVD’s ontvang. Verder kan uitgesien word na ’n groot verrassing wat hierdie geleentheid een vir die boeke sal maak.”

Country is Groot spog met sterre soos Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Riana Nel en Ricus Nel. Die gehoor kan uitsien na immergewilde country‑treffers soos net Steve dit kan vertolk. Hy nooi ook van sy vriende om saam met hom die verhoog en nostalgie te deel.

Die geleentheid is ten bate van Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema wat sorg dat 8 000 behoeftige kleuters daagliks ’n gesonde bord kos kry.

Tafels kan slegs by [email protected] bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

lykGoed ·

oe riana is ook daar Mal oor haar musiek
REGTIG is daar nie nog kaartjies ;(

charmaine ·

Hoop dit gebeur en dat dit nie ook gestop word nie! GAAN GROOT!!!

Pieter ·

Ons was ALTYD in die minderheid, het ALTYD oorleef! Afriforum, Solidariteit, Akedemia, Soltec. Kan ander dit sê?

Pensioenaris ·

Is julle seker Steve gaan daar wees? Of gaan ons weer op die laaste minuut hoor dat hy nie daar gaan wees nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.