Elandré is terug met nog ’n Top-20-treffer

Elandré (Foto: Facebook)

Elandré se jongste enkelsnit, “Dag & nag”, betree dié week Maroela Media se Afrikaanse Top-20 in die 14de plek.

Dié nuwe enkelsnit is op sy derde album wat vroeg in 2021 beskikbaar sal wees. Hy het die nuwe enkelsnit op sy verjaarsdag (28 Augustus) bekendgestel, terwyl sy tweede album, Boomhuis, reeds goue status bereik het.

Riaan Benadé maak sy toetrede dié week met “Gooi nog ’n whiskey”. Riaan was al voorheen op die Top-20 met “Helpende hande”, ’n lied wat Solidariteit Helpende Hand ook sy eie gemaak het. Riaan se debuutalbum, Spontaan, word boonop eersdaags bekendgestel.

Bernice West se eerste enkelsnit, “Sonop-blom”, bly vir eers weer in die week se nommereenposisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg en vier wat daal, sewe snitte wat die week onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die week se Top-20 betree.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  3. Bernice West – “Die hart”
  4. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  5. Appel – “Nonna”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  8. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  9. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  11. Loufi – “Boude”
  12. Spoegwolf – “Swart vere”
  13. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  14. Elandré – “Dag & nag”
  15. Robbie Wessels en Liezel Pieters – “Iemand daarbo”
  16. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  17. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  18. Juan Boucher met Neil Somers – “In die Bosveld”
  19. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  20. Jo Black – “Spring”

Kom kyk hier na die musiekvideo van Riaan Benadé se lied “Gooi nog ’n whiskey”: Video

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.