Elandré, Ivan blaas nuwe lewe in Top-20

Elandré. (Foto: Facebook)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ʼn hele paar nuwe snitte wat weer lewe in die treffersparade blaas.

Die manne van Jan Jan Jan betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste plek met hulle nuwe enkelsnit, “Two tone lyf”.

Ivan Roux se jongste enkelsnit, “Op soek na liefde”, is ook vandeesweek ʼn nuwe toetrede tot die Top-20 in die 19de plek. Die liedjie spog ook met ʼn splinternuwe musiekvideo.

Elandré is terug met ’n nuwe enkelsnit, “Hand aan hand”. Hy betree die Top-20 in die vierde plek. Die musiekvideo vir die liedjie het ook reeds meer as 25 000 trefslae op YouTube sedert dit Vrydag uitgereik is.

Dit is ook ’n goeie week vir Spoegwolf. Die groep se jongste enkelsnit, “Bring my geweer”, klim vandeesweek na die sewende plek.

Eloff onttroon weer die Riaan Benadé- en Jay-treffer, “Rowwe bliksem”, en beklee weer die topposisie met “Johnnie Blou”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 12 wat daal, twee wat onveranderd bly en drie nuwe snitte wat hul toetrede maak.

  1. Eloff – “Johnnie blou”
  2. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  3. Irene-Louise van Wyk — “Tekkies brand”
  4. Elandré – “Hand aan hand”
  5. Franja du Plessis – “Bring dit”
  6. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  7. Spoegwolf – “Bring my geweer”
  8. Riaan Benadé — “Spontaan”
  9. Eloff – “Geheueverlies”
  10. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  11. Appel – “Dina”
  12. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  13. Kurt Darren – “Meisiesfontein”
  14. Bernice West – “Dink aan jou”
  15. Brendan Peyper – “Stop die wêreld ek wil afklim”
  16. Reën – “Vakansie op die platteland”
  17. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  18. Irene-Louise van Wyk – “Maak ’n plan”
  19. Ivan Roux – “Op soek na liefde”
  20. Jan Jan Jan – “Two-tone lyf”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Ivan Roux.

Ivan Roux se jongste enkelsnit, “Op soek na liefde”, is geskryf deur Georic Lomas. Dié liedjie gaan oor iemand wat op soek is na liefde, maar homself op ʼn donker plek bevind waar ʼn mens nie meer regtig weet wat die liefde is nie.

“Ek en jy”, ʼn nuwe snit uit Henri Alant se pen, handel oor twee mense wat die wêreld wil aanvat en weerspieël die gevoelens uit sy eie lewensverhaal. Henri het die liedjie vir die eerste keer op ’n troue gesing.

Ander liedjies wat ook die week uitgereik is, sluit in Elandré se “Hand aan hand”, Ruan van der Kuil se “Met my vellies aan”, Anton Fitchat se “Rooikappie”, Esté Gross, Hemelbesem en die Universiteit van Pretoria se jeugkoor se “Deur die storm”, Ablaze se “Slaan u woorde vas in my hart” en Louw van den Heever se “Dankbaar”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.