Elandré kraai koning op Top-20

Elandré (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Elandré se “Die woorde uit jou mond” maak die week weer sy toetrede in die nr. 1‑posisie, terwyl hy twee plekke laer wéér op die lys verskyn saam met Brendan Peyper, Refentse en Christia Visser.

Riana Nel het onlangs haar enkelsnit “Ewigheid” bekendgestel wat op haar jongste album, Sterker, verskyn.  “Ewigheid” betree vandeesweek dié lys op die nr. 20-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, 12 wat daal, twee wat onveranderd bly en een splinternuwe toetrede.

  1. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  4. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  5. Biggy – “Dames”
  6. Refentse – “What a boytjie”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  8. Spoegwolf – “Seile”
  9. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  10. Brendan Peyper – “Sterk soos ’n leeu”
  11. Riana Nel – “Sterker”
  12. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  13. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  14. Bok van Blerk – “Was”
  15. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  16. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  17. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  18. Juanita du Plessis – “Maak dit los”
  19. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  20. Riana Nel – “Ewigheid”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
charmaine

Baie geluk dit is n baie cool liedjie en hy kan en mag maar sing!