Elandré kraai weer koning op Top-20

Elandré sal ook vanjaar deel wees van die Afrikaans is Groot-konsertreeks. (Foto: Facebook via @elandreofficial)

Een ding is seker: Elandré se dae as “kleindorpiedromer” is verby. Dié talentvolle kunstenaar is besig om opslae in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf te maak en vinnig een van die groot name op die land se verhoë te word.

Sy nuwe treffer “Vuur op die water” pronk vandeesweek vir die tweede agtereenvolgende week in die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top 20. Dewald Wasserfall staan ook weer eens ferm in die tweede plek met “Elektrisiteit” gevolg deur Tarryn Lamb se “Geheueverlies”.

Die beeldskone Janie Bay betree vandeesweek die Top-20 met haar nuwe enkelsnit “Amper daar”. Die musiekvideo van dié liedjie is ook onlangs bekendgestel. Bay is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie en haar musiek word gehoor in die Afrikaanse rolprente Mooirivier, Vir altyd en Stroomop. “Amper daar” is egter haar eerste amptelike Afrikaanse solo-enkelsnit.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, tien wat daal en ses wat onveranderd bly.

  1. Elandré – “Vuur op die water”
  2. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  3. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  4. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  5. Jo Black – “Voel jy die genade”
  6. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  7. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  8. Jo Black – “Bitter”
  9. Juan Boucher – “Want jy weet”
  10. Christia Visser – “17 Shots”
  11. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  12. Ivan Roux – “Daai ding”
  13. Refentse – “Liefdegenerasie”
  14. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  15. Corlea – “Onbreekbaar”
  16. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  17. Musiek soos grond – “Lugballon”
  18. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  19. Janie Bay – “Amper daar”
  20. Spoegwolf – “Storm”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

charmaine ·

So bly vir hom hy het n wonderlike stem en sy liedjies is mooi om na te luister.

Susan ·

Baie geluk Elandre, jy verdien dit!
Ek kan nie wag vir Christia Visser se eerste CD nie, sy het net so n pragtige stem!

Johan ·

Wag om Stefan Visagie op die Top20 te sien. Hy is ń baie talentvolle sanger wat sy eie liedjies skryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.