Elandré, die sanger met die diep stem wat goue status met sy debuutalbum, Kleindorp-dromer, behaal het, is vandeesweek weer terug op die radiospeellyste met sy splinternuwe enkelsnit, “Vuur op die water”.
Die snit, wat vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree op nommer 16, sal op Elandré se jongste album, getiteld Boomhuis, te hoor wees. Boomhuis sal na verwagting einde April beskikbaar wees.
In die jongste Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal, sewe wat onveranderd bly en een nuwe snit wat die treffersparade betree.
Jo Black behou die week se nommer een-posisie met “Voel jy die genade”.
- Jo Black – “Voel jy die genade”
- Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
- Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
- Ivan Roux – “Daai ding”
- Refentse – “Liefdegenerasie”
- Spoegwolf – “Blou”
- Refentse – “Baie gevaarlik”
- Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
- Joshua na die Reën – “Soos in nou”
- Straatligkinders – “Krake”
- 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
- Manie Jackson – “Donker hart”
- Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
- Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
- Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
- Elandré – “Vuur op die water”
- Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
- Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
- Corlea – “Bittersoet”
- Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
Dis n pragtige song hierdie!!