Elandré terug op Afrikaanse Top-20

Elandré. (Foto: Facebook)

Elandré. (Foto: Facebook)

Elandré, die sanger met die diep stem wat goue status met sy debuutalbum, Kleindorp-dromer, behaal het, is vandeesweek weer terug op die radiospeellyste met sy splinternuwe enkelsnit, “Vuur op die water”.

Die snit, wat vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree op nommer 16, sal op Elandré se jongste album, getiteld Boomhuis, te hoor wees. Boomhuis sal na verwagting einde April beskikbaar wees.

In die jongste Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal, sewe wat onveranderd bly en een nuwe snit wat die treffersparade betree.

Jo Black behou die week se nommer een-posisie met “Voel jy die genade”.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  3. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  4. Ivan Roux – “Daai ding”
  5. Refentse – “Liefdegenerasie”
  6. Spoegwolf – “Blou”
  7. Refentse – “Baie gevaarlik”
  8. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  9. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  10. Straatligkinders – “Krake”
  11. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  12. Manie Jackson – “Donker hart”
  13. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  14. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  15. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  16. Elandré – “Vuur op die water”
  17. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  18. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  19. Corlea – “Bittersoet”
  20. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.