Elmé Churr sing openingslied van Ice Spectacular-vertoning

Elmé Churr, die blondekop sangeres en liedjieskrywer wat onlangs die kol getref het met “Jy maak dit moeilik”, se splinternuwe enkelsnit “Unbroken Hearts” is gekies as die openingslied vir die Ice Spectacular-vertoning wat hierdie naweek by The Grove Mall in Pretoria aangebied word.

Die popliedjie, wat geskryf is deur Nerine Gardiner en gekomponeer is deur Vaughan Gardiner, gaan daaroor dat ʼn mens weer kan liefhê ná ʼn gebroke hart, omdat ʼn mens dan kan verstaan waaroor die liefde gaan. Die liefde kan die seerplekke weer heel maak.

Churr vertel sy wou graag iets uitreik wat ʼn lekker tempo het en perfek is vir die somer. “Dit is ʼn regte saamsingtreffer wat oud en jonk kan geniet.”

Die musiekvideo vir die liedjie is by The Grove se ysskaatsbaan en by die Monte de Dios-venue in Pretoria geskiet. “Die musiekvideo is iets anders met prettige danse op die baan en ʼn sterk storielyn,” verklap Churr.

Elmé tydens die skiet van die musiekvideo. (Foto: Facebook)

Elmé tydens die skiet van die musiekvideo. (Foto: Facebook)

Die akteurs Luré Delport en Wim Grobler is saam met talentvolle ysskaatsers in die video te sien. “Ons neem die kyker na ʼn fantasiewêreld.”

Churr sal die openingslied tydens elkeen van die sewe vertonings wat oor die naweek geskied uitvoer.

Die Ice Spectacular-vertoning word van 30 November tot 2 Desember by The Grove Mall in Pretoria aangebied. Kaartjies kos R90 per persoon en toegang vir kinders jonger as twee is gratis. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.