Eloff en sy ‘Johnnie’ bly tops op Top-20

Coenie de Villiers saam met Fred den Hartog en Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties. Hulle het ‘n nuwe weergawe van Lucas Maree se “Victoriabaai” opgeneem. (Foto: Facebook/Die Heuwels Fantasties)

Eloff, die jong sanger wat ook bekend staan as “die prins van Potch”, bly vandeesweek in die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met “Johnnie Blou”.

Dié liedjie was ook onder die top-50 liedjies wat oor die afgelope paar dae in Suid-Afrika op die stromingsdiens Deezer geluister is.

Irene-Louise van Wyk se treffer, “Tekkies brand”, bly in die tweede plek. Riaan Benadé, wat pas aangekondig het dat hy sy eersteling verwag, is in die derde plek met “Vat ʼn bietjie”, asook in die sesde plek met “Spontaan”.

Benadé is ook saam met Demi Lee Moore in die 12de plek op die Top-20 met die splinternuwe duet, “Kannie sonder jou nie”, vanaf haar jongste album getiteld Jy ken my naam.

Die Heuwels Fantasties en Coenie de Villiers se nuwe weergawe van die ontslape musikant Lucas Maree se treffer, “Victoriabaai”, spring hierdie week na die 11de posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg, nege wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Eloff – “Johnnie blou”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Riaan Benadé — “Vat ʼn bietjie”
  4. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  5. Franja du Plessis – “Bring dit”
  6. Riaan Benadé – “Spontaan”
  7. Appel – “Dina”
  8. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  9. Reën – “Vakansie op die platteland”
  10. Bernice West – “Dink aan jou”
  11. Die Heuwels Fantasties met Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  12. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  13. Bernice West – “Hemel op aarde”
  14. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  15. Wicus Botma – “Brannewynlippe”
  16. Rooksein – “Damlelielief”
  17. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  18. Tasché – “Baby, ek bly”
  19. Reën – “Stof”
  20. Justin Vega met Early B – “Ses Jagers”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe vrystellings

Die orkeslede van Reborne. (Foto: Facebook/Reborne)

Die rockgroep Reborne het pas sy jongste enkelsnit, “Die emosie”, bekendgestel. Dié lied lê die groep baie na aan die hart.

Chinel van der Merwe van die groep het dié lied geskryf. Sy sê: “ʼn Mens se emosies is partykeer op en af en môre is als verby. Ons verwagtinge oor dinge in die lewe en ander mense kan soms so hoog wees en dit veroorsaak baie teleurstellings. Die liedjie laat jou dink oor hoe jou uitkyk oor ander en jouself is.”

Die sangduo RNK se “Oppie langpad” is ook vandeesweek bekend gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.