Eloff kort op Brendan se hakke op Top-20

Prop (Foto: Verskaf)

Prop se debuutsnit, “Kwaaitjie”, het twee weke gelede die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die laaste posisie betree en klim vandeesweek vyf plekke na die no. 14-posisie.

Die musiekvideo vir die liedjie het al sowat 145 000 kykbeurte op YouTube.

Caroline-Grace se prettige nuwe enkelsnit getiteld “Bokswyn” en Barto se “H2Oë” betree vandeesweek die Top-20 in onderskeidelik die 18de en 20ste plekke.

Brendan Peyper se “Insomnia” het vandeesweek Eloff se “Witblits” onttroon en beklee weer die no. 1-plek op die treffersparade.

In vandeesweek se Top-20 is daar agt liedjies wat klim, agt wat hul plek verloor, twee wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat dié week hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Brendan Peyper – “Insomnia”
  2. Eloff – “Witblits”
  3. Droomsindroom — “Hey sonneblom”
  4. Riaan Benade & Jay – “Rowwe bliksem ”
  5. Eloff – “Johnnie blou”
  6. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  7. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  8. Riaan Benadé — “Spontaan”
  9. Riaan Benadé & Ricus Nel – “Haai haai”
  10. Elandré – “Lieflik”
  11. Bernice West – “Jona”
  12. Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann – “Lief”
  13. Bernice West – “Nie jou X nie”
  14. Prop – “Kwaaitjie”
  15. Elandré – “Hand aan hand”
  16. Jo Black – “Sê my mamma”
  17. Rooksein – “Genade nader”
  18. Caroline-Grace – “Bokswyn”
  19. Appel – “Dina”
  20. Barto – “H2Oë”

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Die Van der Aven-manne, Theunis van der Merwe, Paul Avenant en Roelof van der Merwe. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die sangeres Andrea wil met haar jongste enkelsnit, “Wat ek wil hê”, die dieper kant van haarself met die wêreld deel. Die liedjie, asook meeste van haar ander liedjies in haar jongste album, is deur William Wolf geskryf. Die verwerking van “Wat ek wil hê” is deur Hugo Ludik van Muse Studios vervaardig.

Maroela Media het onlangs met die musiekgroep, Van der Aven, gesels oor hul musiekdrome. Die groep bestaan uit Paul Avenant en sy vriende, broers Roelof en Theunis van der Merwe.

Hul enkelsnit “Heimwee” is gebore uit Roelof se internetsoektog na die Afrikaanse woord vir “home sick” terwyl hy tydens die inperking alleen in ʼn woonstel in Stellenbosch gebly het. Hy het toe op JRL van Bruggen se gedig, “Heimwee” afgekom. Die einste gedig is al deur Mimi Coertze en later ook Coenie de Villiers opgeneem.

Ander liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Murphy se “Dans soos ʼn kind”, Cornell Wonder & Zan se “Jammer”, Vanilla se “Hoezit” en Saarkie se “Rondomtalie”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.