Elvis Blue betree Top-20 met nuwe liedjie

Elvis Blue (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Elvis Blue se liedjie “Beloofde land” betree dié week se Top-20 in die no. 18-posisie. Die liedjie is ook ingesluit in sy jongste album, Jou huis. Elvis Blue en Theuns Jordaan sing die liedjie “Jou huis” saam, wat tans die no. 19-posisie inneem.

Elandré kraai koning in die no. 1-posisie in met “Die woorde uit jou mond” nadat hy sy teenwoordigheid geruime tyd al op die Top-20 bevestig het met ander liedjie soos “Vuur op die water” en “Tussen die lakens”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat klim, nege wat terugsak, een nuwe liedjie wat dié week se Top-20 betree en drie wat onveranderd bly.

  1. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Bok van Blerk – “Was”
  4. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  5. Riana Nel  – “Hou die hemel oop”
  6. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  7. JohnJames – “Ek is meer werd”
  8. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  9. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  10. Biggy – “Dames”
  11. Janie Bay – “Amper daar”
  12. Leah – “Kyk na my”
  13. Christia Visser – “17 shots”
  14. Robbie Wessels – “Legendes”
  15. Willem Botha – “Een shot”
  16. Elandré – “Tussen die lakens”
  17. Tasché – “Die een”
  18. Elvis Blue – “Beloofde land”
  19. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  20. Soné – “Dis nie ek nie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rinda ·

Ek stem en gisteraand se Aitsa huldebleik, wat hy gesing het was ongeloof, fantasties.!

JB ·

Elvis sing puik. Sy liedjies het altyd soveel diepte en egtheid. Vat mens se hart terug na soveel van jou eie lewenservarings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.