Elvis Blue en Van Coke maak skoonskip by Ghoemas

Nadia Beukes en haar verloofde, David de Villiers. Foto: Adéle Changuion

Nadia Beukes en haar verloofde, David de Villiers. Foto: Adéle Changuion

Die Ghoema-toekennings, wat die room van Suid-Afrikaanse musikante vereer, is Maandag tydens ʼn glansgeleentheid by die Johannesburg Teater gehou.

Die wenners is aangewys deur ʼn beoordelaarspaneel wat bestaan uit kundiges in die bedryf, maar die publiek het ook hul stemme laat tel.

Kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke en Karen Zoid het met die meeste beeldjies huis toe gegaan.

Die veteraansanger Carike Keuzenkamp, wat beste kinderalbum of DVD gewen het, sê sy vier vanjaar die tiende jaar met die suksesvolle Ghoempie-DVD’s. Na verskeie toekennings, onder meer die SAMA (South African Music Awards) lewensbydrae-toekenning, bly sy steeds nederig.

“Ek was baie bly vir my span toe ek hoor ek het dié toekenning gewen. Dit gaan moeilik wees om eendag totsiens te sê vir die Ghoempie span wanneer daardie dag wel aanbreek,” het sy vertel.

Elvis Blue het in al sewe kategorieë gewen waarin hy benoem is, sowel as ʼn bykomende kategorie naamlik album van die jaar.

Francois van Coke het met vyf beeldjies weggestap waaronder ʼn toekenning vir die liedjie “Toe vind ek jou” saam met Karen Zoid. Juanita du Plessis is as die topverkoper  van die jaar aangewys.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners:

Elvis Blue en sy vrou, Chireze. Foto: Adéle Changuion

Elvis Blue en sy vrou, Chireze. Foto: Adéle Changuion

Beste nuweling van die jaar 
Leah

Musiekvideo van die jaar
Elvis Blue

Beste geestelike album
Retief Burger

Beste kinderalbum of DVD
Carike Keuzenkamp

Gewildste liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid – Toe vind ek jou

Beste humoralbum
Andries Vermeulen

Liedjieskrywer van die jaar
Elvis Blue

Beste rock album
Spoegwolf

Willem Botha en Leah. Foto: Adéle Changuion

Willem Botha en Leah. Foto: Adéle Changuion

Beste alternatiewe album
Francois van Coke

Beste vervaardiger
Robin Kielly

Beste live DVD
Elvis Blue

Beste pop album (vroulik)
Karlien van Jaarsveld

Beste pop album (manlik)
Joe Foster

Beste album deur ʼn duo of groep
Anders

Beste instrumentele album
Rocco de Villiers

Beste kontemporêre album (vroulik)
Andriëtte

Snotkop en metgesel. Foto: Adéle Changuion

Snotkop en metgesel. Foto: Adéle Changuion

Beste kontemporêre album (manlik)
Elvis Blue

Digitale album van die jaar
Francois van Coke

Beste digitale liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid

Beste luitoon van die jaar
Elvis Blue

Beste liedjie van die jaar
Francois van Coke en Karen Zoid

Groep van jaar
Anders

Vroulike kunstenaar van die jaar
Andriëtte

Manlike kunstenaar van die jaar
Elvis Blue

Album van die jaar
Elvis Blue

Lewensbydraetoekenning (eretoekenning)
Nico Carstens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

charmaine ·

Snotkop en metgesel? Huh?? Sy ma? Hy bly darem n mooi outjie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.