Elvis Blue se goue stem weer op Top-20

Voortdurende innovering en ʼn tikkie van die negentigs is van die invloede op Die Heuwels Fantasties se agste ateljeealbum, Volume. Die album spog met ʼn mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so ʼn bietjie electro-folk.

Die eerste enkelsnit vanaf die album is “Eggo”, ʼn lied wat Pierre Greeff saam met Spoegwolf geskryf het. Ander liedjies op die album sluit in “Hoor jy my”, “Werk vir ʼn lewe” en “Goeiemôre, Suid-Afrika”.

Die Bottomless Coffee Band maak nou al vir die afgelope 11 jaar musiek. “Klankdig” is ʼn hartroerende ballade uit Prediker Hoofstuk 2. Dit simboliseer die tyd waarin ons is, waar ons mekaar se harte moet oppas en styf vashou.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Die Campbells met CH2 se “Sexy lyfie”, Emil Paul se “Gunsteling fout”, Wesna se “Tuis”, Kurt Darren se “Opmaak liefde”, Julani J se “Bitter”, Fransien Scott se “Roei” en Elvis Blue se “Goud in die vuur”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Elvis Blue, Kurt Darren en Die Heuwels Fantasties saam met Spoegwolf betree weer vandeesweek die Top-20 met nuwe enkelsnitte.

Elvis Blue is in die 20ste plek met “Goud in die vuur”, Kurt Darren in die 18de plek met “Opmaak liefde” en Die Heuwels Fantasties met Spoegwolf in die 17de plek met “Eggo”.

Irene-Louise van Wyk neem weer die no. 1-posisie in en Riaan Benadé is weer in die tweede plek met “Spontaan”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, vyf wat daal, ses wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat hul verskyning op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Appel — “Dina”
  4. Riaan Benadé – “Vat ʼn bietjie”
  5. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  6. Franja du Plessis – “Bring dit”
  7. Bernice West – “Hemel op aarde”
  8. Reën – “Stof”
  9. Brendan Peyper – “Die wolf”
  10. Rooksein – “Damlelielief”
  11. Tasché – “Baby, ek bly”
  12. Christia Visser – “Kaapse blou”
  13. Kurt Darren – “Blok party”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”
  15. Spoegwolf – “Silwer”
  16. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “ʼn Pa se hart”
  17. Die Heuwels Fantasties met Spoegwolf – “Eggo”
  18. Kurt Darren – “Opmaak liefde”
  19. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  20. Elvis Blue – “Goud in die vuur”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.