Elvis Blue en Theuns Jordaan het die afgelope week die duet “Jou huis” bekendgestel. Dit is ook Blue se eerste enkelsnit in sy jongste album – ook met die titel Jou huis. Blue (Jan Hoogendyk) sê die liedjie is vir almal wat Suid-Afrika “huis” noem. Dié liedjie betree dié week se Top-20 in die no. 18-posisie.
Jo Black se jongste enkelsnit, “Bitter”, bly vir die tweede agtereenvolgende week in die no. 1-posisie.
In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat klim, agt wat terugsak, ses wat onveranderd bly en een liedjie wat die treffersparade betree.
- Jo Black – “Bitter”
- Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
- Elandré – “Vuur op die water”
- Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
- Jo Black – “Voel jy die genade”
- 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
- Christia Visser – “17 Shots”
- Joshua na die Reën – “Soos in nou”
- Ivan Roux – “Daai ding”
- Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
- Refentse – “Liefdesgenerasie”
- Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
- Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
- Corlea – “Onbreekbaar”
- Juan Boucher – “Want jy weet”
- Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
- Spoegwolf – “Storm”
- Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
- Musiek soos grond – “Lugballon”
- Refentse – “Baie gevaarlik”
Twee groot talente wat saamspan = ‘n wenner!