Elvis, Theuns betree Afrikaanse Top-20 met duet

Elvis Blue en Theuns Jordaan het die afgelope week die duet “Jou huis” bekendgestel. Dit is ook Blue se eerste enkelsnit in sy jongste album – ook met die titel Jou huis. Blue (Jan Hoogendyk) sê die liedjie is vir almal wat Suid-Afrika “huis” noem. Dié liedjie betree dié week se Top-20 in die no. 18-posisie.

Jo Black se jongste enkelsnit, “Bitter”, bly vir die tweede agtereenvolgende week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat klim, agt wat terugsak, ses wat onveranderd bly en een liedjie wat die treffersparade betree.

  1. Jo Black – “Bitter”
  2. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  3. Elandré – “Vuur op die water”
  4. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  5. Jo Black – “Voel jy die genade”
  6. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  7. Christia Visser – “17 Shots”
  8. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  9. Ivan Roux – “Daai ding”
  10. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  11. Refentse – “Liefdesgenerasie”
  12. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  13. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  14. Corlea – “Onbreekbaar”
  15. Juan Boucher – “Want jy weet”
  16. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  17. Spoegwolf – “Storm”
  18. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  19. Musiek soos grond – “Lugballon”
  20. Refentse – “Baie gevaarlik”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.