En die Afrikaanse liedjie van die jaar is …

Tarryn Lamb, voorheen van die groep Blackbyrd, het vanjaar uitgetroon met haar debuutalbum, Mal oor jou. Haar eerste enkelsnit, met dieselfde titel, het digitale aflaaibeurte vanjaar gedomineer.

Demi Lee Moore, die eerste wenner van VIA se werklikheidsreeks, Die Kontrak, het ook later vanjaar verras toe haar album binne twee weke goue status bereik het. “Mis eet slaap herhaal” verdien die derde plek op die top-40-trefferslys vir 2018.

Ander kunstenaars wat groot byval gevind het, was Dirk van der Westhuizen met “Sexy vi my”, Refentse se derde album, Liefdegenerasie, asook Jan Blohm met sy jongste album, Die liefde album.

  1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  3. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  4. Refentse – “Liefdegenerasie”
  5. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  6. Jan Blohm – “Word wakker”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  8. Appel – “Boer loop deur my are”
  9. Ray Dylan – “Uitbasuin”
  10. Corlea – “Breek my hart”
  11. Ivan Roux – “Daai ding”
  12. Elandré – “Die lyn”
  13. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  14. Snotkop – “Souserig”
  15. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  16. Refentse – “Reisiger”
  17. Jo Black – “Een klein klippie”
  18. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  19. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  20. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  21. Early B – “Ben Ten”
  22. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  23. Robbie Wessels & Bok van Blerk – “Die sluise van die hemel”
  24. Kurt Darren – “Haal asem”
  25. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
  26. 4Werke – “Hart”
  27. Dirk van der Westhuizen – “Net so mmm”
  28. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
  29. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
  30. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  31. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
  32. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
  33. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
  34. Jan Bloukaas met Mariné Moffat – “Desembers”
  35. Elandré – “Honderd duisend maal”
  36. Neil Somers – “Bloedgrond”
  37. Adam Tas met Stella – “Ek is ryk”
  38. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
  39. Janie Bay met Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
  40. Karen Zoid – “Hoe ek voel”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.