Êrens is jy

Randall Wicomb

‘n Herontdekking van die liefdesverse van die groot meesters – só vat Randall Wicomb ’n nuwe meesterstuk van sy nuwe getoonsette en uitgevoerde werke saam.

Met gedigte van onder andere Eugéne Marais, C. Louis Leipoldt, N. P. van Wyk Louw, Adam Small, J.R.L. Van Bruggen, W. E. G. Louw, Breyten Breytenbach, A. G. Visser en Antjie Krog, klink die klank van die liefde op uit al die toonsettings.

“Êrens is jy” span die kroon op sy vorige vrystellings soos “Hie neffens my”, “Hie langes my”, “Kalaharikrismis” en “Oos wes tuis bes Distrik Ses”.

‘n Mens kan met reg sê dat Randall Wicomb nie net ‘n afgeronde kunstenaar is nie, maar ook sy stempel op verskillende vorme van kunstenaarskap afgedruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.