FAK hou ‘Dankie Steve’-konsert

Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan binnekort ʼn Dankie Steve-konsert hou om Steve Hofmeyr te vereer vir sy bydrae tot Afrikaans. Hy sal ook ʼn toekenning kry vir die bevordering van Afrikaanse musiek.

Dié konsert, wat op 5 September plaasvind, sal ander Afrikaanse sangers soos Demi Lee Moore, Jak de Priester, Monique Steyn, Pieter Smith en Dewald Wasserfall ook insluit.

Hofmeyr sal tydens dié geleentheid by die Voortrekkermonument se Amfi-restaurant in Pretoria ’n FAK-Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse musiek die afgelope drie dekades ontvang.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê Hofmeyr het sedert die laat tagtigjare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword met sy rol in die televisiereeks, en latere rolprent Agter elke man.

“Die FAK is van mening dat ’n kunstenaar se persoonlike standpunte wat deur sommige as omstrede ervaar mag word, geen rede is om nie erkenning te gee en dankie te sê waar dit hom toekom nie,” sê Langner oor die onlangse herrie rakende Hofmeyr.

“Dit is vanjaar presies 30 jaar sedert Steve in 1989 sy eerste musiekalbum bekendgestel het. Sedertdien het Steve oor drie dekades diep spore in die musiekbedryf getrap met meer as 15 Afrikaanse albums, waarvan vele platinumstatus bereik het.”

Langner sê die FAK het waardering vir die erkenning wat Steve met sy Toeka-CD’s ook aan ander kunstenaars gegee het, ongeag of hy met hulle persoonlike oortuigings saamgestem het of nie.

Steve Hofmeyr (Foto: Steve Hofmeyr/Facebook)

“Dit sal jammer wees as individue en organisasies se voorskriftelike politieke agendas die rede is waarom die FAK nie vir Steve erkenning mag gee vir sy werk ten bate van Afrikaanse musiek oor dekades nie. Steve is ’n reus in die Afrikaanse musiekbedryf en met goeie rede een van die gewildste Afrikaanse sangers tot op hede.”

In die 2012-FAK-Sangbundel, wat in 2016 herdruk is, is van Hofmeyr se gewildste liedjies soos “Pampoen”, “Agter elke man”, “Ek ken jou soms”, “Kaapse draai”, “Kyk hoe lyk ons nou” en “Trein na Margate” opgeneem. Steve het ook in sewe Afrikaanse rolprente en verskeie verhoogproduksies opgetree.

Die FAK gee sedert 1937 erkenning aan Afrikaanse kunstenaars toe die eerste FAK-Sangbundel bekendgestel is. Die afgelope paar jaar het die FAK erkenning aan verskeie Afrikaanse kunstenaars gegee wat sedert die tagtigerjare ’n bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

“Hofmeyr is sedert 1986 in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, waar hy 30 CD’s in Afrikaans en Engels sedert 1989 uitgereik en in 10 rolprente gespeel het. Hy het al meer as 200 Afrikaanse liedjies, waaronder vir homself en verskeie ander kunstenaars, geskryf en opgeneem, 10 boeke gepubliseer, in verskeie dramaproduksies en sepies soos Agter elke man, Egoli en 7de Laan opgetree,” lui ʼn verklaring.

“Die FAK is vir my die gom wat ’n dinamiese volkie aanmekaarheg. Sy speel al 90 jaar haar rol as gemeenskaplike faktor. Ons het haar nou nodig, meer as ooit,” sê Hofmeyr oor die FAK-toekenning.

Kaartjies vir die Dankie Steve-konsert is beskikbaar by plankton.mobi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Frik Lotz ·

Steve Hofmeyr verdien die toekenning en ons almal is trots op hom. Dankie Steve, jy is n yster!

Elena scholtz ·

Steve verdien om erkenning te kry! Hy bly vir ons taal veg! Ons ondersteun julle!! Dankie Steve jy is n goeie mens! DSTV kom Kyknet !! Wie koop die kaartjies van die show? Die uitsaaier of die aanhangers? You go Steve! Jy kan weet ons staan agter jou!

leser ·

daar is nie eers politieke figure wat dit kan reg kry om sommiges te laat bewe soos wat steve dit kan doen nie
baie dankie steve, vir wat jy regkry
“well done”

Jerry ·

Ai tog ou Steve as jy tog maar nie gaan staan en verdelende uitsprake maak het nie kon alles nog steeds honkie dorrie gewees het, maar danksy jou uitsprake is dit toe nou nie meer so lekker honkie dorrie in SA nie! Die lewe is maar bra vervelig sonder DSTV en n Toyota!

Manie van Worcester ·

ten minste is hy nie vals. ek respekteer sy siening

Vraagteken ·

Ek was hierdie naweek op Innibos en dit is duidelik dat die publiek nie baie tyd vir Kyknet(en DSTV) het nie. Die konsert was veronderstel om hulle 20ste verjaarsdag te vier en tog was hulle applaus baie klein. Selfs Demi (wie taamlik nog onbekend is) het ‘n beter verwelkomimg gekry.

van der Merwe ·

Eindelik. ‘n Instansie wat nie bang is om erkenning te gee waar dit toekom nie.

Dirk Swanepoel ·

Trots op julle FAK! Julle vereer Steve omdat hy aan jul kriteria voldoen ten opsigte van sy dekades se bydrae tot Afrikaanse musiek. Julle stuur jul nie aan die bangmaak politiek en vuilspel van die vrot ANC nie!! PUIK!!

Antjie ·

Baie dankie FAK hy verdien dit. Te midde van al die belagliklede deur politici teenoor Steve is daar meer mense wat hom ondersteun as vir multichoice

Johann cb ·

Gelukkig is die toekenning slegs vir musiek! (Los eerder die politiek eenkant!)

Anni ·

Mooi so ou Stevie!!!! Dink Jy moet jou maar eerder by sing hou veral in afrikaans, en los die ander moeilikheid liewer uit.

sweis ·

Ek stem Steve het opgestaan vir sy mense en hulle regte wat vertrap en onderdruk word,ek sal hom ondersteun waar ek kan.

Carlo ·

Geluk Steve, jy verdien die toekenning. Toekennings moet gegee word aan iemand met talent. Jy het talent.

marco polo ·

Doen so voort Steve, jy is een van min wat nog ruggraat het.

WARE AFRIKANER ·

Wonderlik, dankie aan die FAK.
Ek stem saam, Steve jy verdien hierdie erkenning, jy is ons almal groot trots

Bossie ·

Geluk Steve. Hierdie toekenning kom jou toe. Ons is trots op jou. Jys onverskrokke, dapper en eg Afrikaans.

Jan ·

Baie geluk Steve!! Ek en my gesin bewonder jou al vir jare. Jy is great!!!

Schalk ·

Welldone Steve! Ek laaik jou musiek! Maar ek laaik jou comments nog meer! Jou standpunte dra die van geloof, kultuur, taal en tadiesie op die hart. Soos n ware BOER! Jys n yster

Jeremia ·

Ek het baie respek vir FAK en Steve!
Dis ‘n riem onder die hart dat die FAK erkenning gee aan hom.

Eureka ·

Dankie FAK dat julle ons nie in die steek laat, dankie dat julle kies om gehoorsaam bly aan jul missie om ons Afrikaanse kuns en kultuur te bewaar en te vereer. Afrikaanse musiek en hoop is al waaraan ons soms nog kan vashou, dankie dat julle deur hierdie besluit die hoop vir ons lewend hou. Ons is opreg dankbaar vir die werk wat julle doen.

En Steve – Gits ja, jy verdien sonder twyfel hierdie toekenning! Jy is werklik ’n uitsonderlike en talentvolle kunstenaar. Baie geluk!

En van ek en my gesin se kant, ’n GROOT DANKIE dat jy, ten koste van jouself en jou gesin, namens ons ander opstaan vir geregtigheid en doen wat ons dink nie gedoen kan word nie. Mag die Here jou elke dag opnuut seën met ongemak oor maklike antwoorde en halwe waarhede en genoeg dwaasheid, om te glo dat jy ‘n verskil in hierdie land van ons kan maak. Want jy doen. Lankal reeds. Vir baie van ons. Jou naam is reeds in ons geskiedenisboeke ingekerf. Mag die Here jou elke voetval vorentoe seën en mag Sy genade altyd genoeg wees vir jou.

Skerpspioen ·

Die regte manier om dankie te sê is om kaartjies te koop om die konsert by te woon. Ek het dit reeds gedoen. Het jy?

Christine ·

Mooi so hy verdien dit hy staan op vir ons afrikaners mal oor hom

Ansie ·

Steve is my held al van Agter Elke Man af. Ek wou hom vashou en troos toe hy so hartseer was. Seker omdat hy en my oudste seun so eenders lyk. Wens ek kan hulle aan mekaar voorstel. Hy tree Vrydagaand in Ellisras/Lephalale op. Gaan die koue trotseer net om hom te sien. Lekker Steve!!!

Mia Joubert ·

Mooi so Steve en FAK. Dankie dat jy opstaan vir Afrikaners en jy verdien jou toekenning.

Jannie van Niekerk ·

Pragtig FAK. Ek is bly om te sien dat ‘n uitstekende organisasie soos julle jul nie steur aan onbekwame mense wat politiese punte probeer kry en ‘n spul jaloerse kritici wat nêrens in die lewe kan kom op eie stoom nie. Welgedaan Steve. As akteur en sanger is jy een van die bestes in die wêreld.

skurweberg ·

Moenie vra hoe hoog ons moet spring as die regering sy vingers klap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.